Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Op 15 is sy nader aan haar droom

’N Belowende 15-jarige krieketspeler van Welkom in die Vrystaat is gekies as lid van die oefengroep waaruit die nasionale o.19-vrouespan gekies gaan word.

Elzandri Nortje

Elzandri Nortje is een van die 24 krieketspelers waaruit uiteindelik net 15 gekies gaan word vir die span wat in 2021 aan die o.19-Wêreldbekertoernooi in Bangladesj gaan deelneem.

Dit sal die eerste keer wees dat vrouespanne aan dié toernooi deelneem.

Nortje sê sy is opgewonde oor die avontuur wat voorlê om deel te wees van die oefengroep.

Dit bring haar een stappie nader aan haar groot droom: Om eendag die Protea-baadjie aan te trek en die nasionale vrouespan te verteenwoordig.

Dinesha Devnarain, die o.19-span se afrigter, sê om vir die oefengroep gekies te word is ’n groot prestasie wat Elzandri heelhartig verdien.

“Elzandri het suiwer talent en toon ongelooflike potensiaal vir haar ouderdomsgroep.”

Elzandri het op ses leer boul. Sy het met haar vingertjie in die lug vir die paaltjies gekorrel.

Devnarain sê dit is veral haar nederigheid en plat-op-die-aarde-gesindheid wat tot enige span waarde toevoeg.

Dit is nie die eerste keer dat dié bybreekbouler op die krieketveld geskiedenis maak nie.

Op 13 was Elzandri die eerste meisie nog wat gekies is om vir die Vrystaatse o.13B-seunskrieketspan te speel.

En op 14 is sy in die Vrystaatse o.19-vrouespan ingesluit.

Elzandri Nortje in aksie op die nasionale o.19-krieketweek waar sy die Vrystaat verteenwoordig het en ook een van die span se onderkapteins was. Sy was hier net 14 jaar oud. Foto: Verskaf
Elzandri Nortje, die bybreekbouler wat op 15-jarige ouderdom gekies is as deel van die nasionale o.19-oefengroep met die oog op die aanwysing van die span wat volgende jaar aan die o.19-Wêreldbekertoernooi sal deelneem.Foto: Verskaf

Haar liefde vir die spel het op sesjarige ouderdom begin toe haar broer, Hendro (18), haar geleer het om met een vingertjie in die lug vir die paaltjies te korrel.

Elzandri is nie net ’n kranige krieketspeler nie.

Sy is ’n veelsydige sportster wat ook al Vrystaat-kleure in tennis en muurbal en Noord-Vrystaat-kleure in hokkie verwerf het.

Sy is tans ook die Goudveld- Hoërskool se nommer 1-speler in tennis en muurbal.

Elzandri sê een van haar grootste drome is om eendag haar heldin, Mignon du Preez, kaptein van die Proteas, te ontmoet.

Meer oor:  Elzandri Nortje  |  Welkom  |  Oefengroep  |  O.19-Span  |  Krieketspeler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.