Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Overberg, Hermanus deel louere; New Orleans seëvier
Oakdale se vleuel Keaton Bush druk Saterdag een van sy span se drieë in sy interskole teen Boland Landbou in Riversdal. Foto: Gallo Images

Die hoërskole Overberg en Hermanus se o.19A-rugbyspanne het die afgelope naweek in Caledon in hul interskole-kragmeting met 27-27 die louere gedeel, maar vir die Caledonners – wat ’n driekwart van die wedstryd met net 14 spelers oor die weg moes kom – was dit gewis ’n morele oorwinning.

Hierdie 27ste interskole-botsing was met heelwat emosie belaai, aangesien dit die laaste botsing van hierdie aard tussen die twee skole was in die lig van ander toekomsplanne wat hulle in die mou voer.

Boland Landbou se Boeta Moolman en Tarique Pietersen is te laat om Vernon Paulo van Oakdale te keer. Foto: Eric Waterson
Stefan Nortjé van Boland Landbou word gelak deur Matthew Stephens van Oakdale. Foto: Gallo Images

Halfpad deur die eerste helfte het Overberg ’n groot terugslag ondervind toe sy staatmaker-Boland-losvoorspeler Danel Franse met ’n rooikaart gestraf is. Maar die tuisspan het moedig bly spook en was moontlik ongelukkig om nie “vir oulaas” ’n oorwinning oor Hermanus te beklink nie.

As gevolg van die langnaweek was die skolerugbyprogram aan die dun kant, maar in twee ander interskole-samekomste het Landbouskool Boland in Riversdal sy houvas op die Landbouskool Oakdale behou met ’n oorwinning van 26-23.

In die Faurestraat-stadion in die Paarl was New Orleans met 18-0 die meerdere van Klein Nederburg.

In die Westelike Provinsie het Bishops Vrydag in ’n uitgestelde wedstryd – wat maar min om die lyf gehad het – met 18-14 teen Wynberg gewen.

Vroeër in die week tydens die Goodwood-klub se jaarlikse skoletoernooi het HTS Bellville vir die grootste verrassing gesorg deur Swartland met 26-20 te troef.

Meer oor:  Hermanus  |  New Orleans  |  Overberg  |  Skolesport  |  Skole  |  Rugby  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.