Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Poortloopseremonie ’n trotse Riebies-tradisie
Annelize van den Berg, skoolhoof, en Arlien Oudbier, ’n gr. 8-leerling wat deur die poort geloop het. Agter hulle staan Melouise Mulder, hoofmeisie, en Heinrich Gericke, hoofseun. Foto: ELZERI WRIGHT

Gr. 8-leerlinge, nuwe leerlinge en nuwe personeellede het vir die eerste keer deur die poort van die Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein ge­stap.

Dié tradisie huldig die nuwelinge amptelik as volwaardige Riebeeckranders in.

Voor dit moes die gr. 8’s eers die inburgeringsprogram en die groentjiekonsert voltooi.

“ ’n Lid van die senior raad het elke leerling se skoolbaadjie vir hom aangetrek. Annelize van den Berg, skoolhoof, het ook vir elkeen ’n handdruk en ’n sertifikaat gegee,” sê Elzeri Wright, woordvoerder. “Die trane het gevloei, maar die leerlinge het van oor tot oor geglimlag.”

Volgens Wright bly die tradisie jou altyd by. Trouens, baie oud-Riebeeckranders het hul herinneringe oor hul poortloopseremonie op die skool se Facebook-blad gedeel.

Meer oor:  Randfontein  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.