Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Reën demp nie Danie Malan-gees

Daar is Vrydag gekyk of die Laerskool Danie Malan dalk vanjaar se skool met die beste gees is. Die span van Metro-Beeld-Noord en Groot FM 90.5 het gaan besoek aflê en selfs ’n hewige reënbui kon nie die gees demp nie.

Die hindernisbaan is met spoed en durf aangepak met die gr. 5’s wat die ander ore aangesit het met ’n blitsige tyd. Eintlik was elke span wat ’n doel geskiet het wenners aangesien hulle almal een of meer van die onderwysers onder die Cosave Pow­erbuild Powerflush kon laat deurloop. Die onnies was darem goeie sports hoewel die nat klere en ’n koue oggend nie die beste moontlike kombinasie was nie.

Luané Janse van Rensburg kry die Danie Malanners aan die gang. Foto’s: MARTHINUS KOEKEMOER

Met die reën was dit ook nie net die onderwysers wat aan die einde van die dag nat was nie.

Ongelukkig het die reën ook verhoed dat Bounce hul demonstrasies kon doen of dat JeddiBeatBox kon optree.

Hoe dit ook al sy het die Danie Malanners gewys hulle het hope gees en sal beslis ’n aanspraakmaker op vanjaar se titel as laerskool met die beste gees wees.

Die dag se borge was Bounce, Oliela, Signarama Pretoria-Noord, Mit Mak Motors, Cosave Powerbuild en Dr Toothlittle.

Die skoolhoof Hettie Smith in gesprek met Francois van Rensburg van Groot FM 90.5.
Wian van der Merwe (gr. 6) en André Haarhoff (gr. 7) het oor Danie Malan se prestasies gespog.
’n Hele paar superhelde het die hindernisbaan aangedurf. Uiteindelik het die gr. 5’s die vinnigste tyd opgestel.
Die leerlinge het geskaterlag toe die adjunkhoof Pieter van Zyl onder die Cosave Powerbuild Powerflush deurgeloop het.
Daar is oudergewoonte gebons, maar die reën het die dag se verrigtinge in die wiele gery voor die demonstrasies kon begin.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.