Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Reën demp Wouwtjies se gees glad nie

Op ’n reënerige oggend in Pretoria het die span van Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord Vrydag die soektog voortgesit na vanjaar se skool met die beste gees met ’n besoek aan Laerskool Anton van Wouw.

Eugenie Jacobson van Groot FM 90.5 gee die teken vir die Anton van Wouw-leerlinge om gereed te maak om bos te gaan. Foto: Marthinus Koekemoer

Die koue het nie juis die Wouwtjies se geesdrif gedemp nie, met leerlinge en onderwysers wat spesiaal in kleurvolle uitrustings opgedaag het.

Die Groot FM 90.5-omroeper Ruben Delmage het sy onderhoud met Franja du Plessis, die gaskunstenaar vir die dag, in ’n kombi gevoer. Delmage het later een van die leerlinge vir ’n danskompetisie uitgedaag. Een van hulle moes ’n reëndans uitgevoer het, want die hemelsluise het kort daarna wyd oopgemaak en die pret in die wiele gery, so erg dat Du Plessis nie eens kon optree nie.

Maar voor die dag se aktiwiteite kortgeknip is, is Laser Adventures gespeel, Jeep gesleep en personeellede natgespuit en gegooi.

Die dag is moontlik gemaak deur die borge Laser Adventures, USA Sports, MBT Petroleum en Mit-Mak Motors.

Wouwtjies was ’n see van kleure toe die Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord se Vrydag by die skool ’n draai gaan maak het. Foto: Marthinus Koekemoer
Allerlei interessante “karakters” het die verrigtinge bygewoon. Foto: Marthinus Koekemoer
Die onderwyseresse het mekaar die stryd aangesê in ’n potjie Laser Adventures. Foto: Marthinus Koekemoer
Dit was nie net die reën wat die onderwysers natgemaak het nie. Foto: Marthinus Koekemoer
Alhoewel die weer nie lekker saamgespeel het nie, het die kinders van die Laerskool Anton van Wouw gewys daar skort niks met hul gees nie. Foto: Marthinus Koekemoer

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.