Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Riebeeckrand heel breëbors oor sy netbalmeisies

Die netbalmeisies van die Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein is vanjaar weer vuur en vlam op die netbalbane.

Die drie meisies wat in die Gautengse oefengroep opgeneem is, is van links Devonique Breedt, Nicola van der Merwe en Melouise Mulder.

Die skool se eerste netbalspan het die Hoërskool Overvaal in Vereeniging met ’n telling van 22-21 in die Noordwes-Universiteit se 16-reeks geklop.

Dieselfde span het die Hoërskool Bekker in Magaliesburg met ’n puik telling van 47-9 geklop.

In hul eerste ligawedstryd vroeër vandeesmaand het die span die Johannesburgse Glenvista High School met 38-2 geklop.

Die span het in die skoolvakansie na Mosselbaai in die Wes-Kaap getoer en aan die AJ-sportweek deelgeneem. Hier het hulle sesde uit 23 skole geëindig.

Vyf Riebeeckranders – Me­louise Mulder, Criske Hechter, Sharne Landman, Devonique Breedt en Elizma Pio – is uit 230 spelers gekies om na Maleisië en Singapoer te toer. Mulder en Hechter is ook vir die toernooispan gekies.

Vanjaar spog die skool weer breëbors met ses meisies wat in die D2-span opgeneem is en drie meisies wat in die Gautengse oefengroep is. Die meisies in die D2-span is Dehandri Thoms (o.15), Breedt (o.16), Nicola van der Merwe (o.16), Mulder (o.19), Danielle Olivier (o.19) en Mantiki Makayi (o.19).

Die drie wat verder deurgedring het en in die Gautengse oefengroep opgeneem is, is Breedt, Van der Merwe en Mulder. – Elzeri Wright

Meer oor:  Randfontein  |  Skole  |  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.