Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Rubik-kubus is ook sport!

Calum Visagie en Dylan Swarts neem deel aan ’n sportsoort van ’n heel ander aard waarin spoed en vaardigheid beslis ’n belangrike rol speel. Dit is “speedcubing”.

Die is om so gou moontlik ’n Rubik-kubus of 3x3x3-legkaarte op te los.

In ’n amptelike World Cube Asso­ciation (WCA)-kompetisie word almal se kubusse in elke ronde dieselfde geskommel. ’n Beoordelaar maak seker die deelnemers volg al die reëls van die WCA. Almal kry 15 sekondes om die kubus te inspekteer voordat die tyd begin.

Calum Visagie, wat in ’n “speedcube”-kompetisie in die Kaapstad-wetenskapsentrum ’n bronsmedalje verower het, en Dylan Swarts, wat twee silwermedaljes verower het. Foto: VERSKAF

In elke ronde kry die deelnemers elk 5 oplossings. Die gemiddeld van ’n mens se beste en slegste tye word dan uitgewerk.

Calum en Dylan het onlangs in die speedcube-kompetisie in die Kaapstad-wetenskapsentrum in Observatory onderskeidelik ’n brons- en twee silwermedaljes verower.

Calum sê Dylan het hom begin 2018 daaraan bekend gestel.

“Hy het vir my gewys hoe vinnig hy ’n Rubik-kubus kan bemeester. Dit het hom een dag geneem om my te leer hoe om dit te doen. Twee maande daarna het ek my eerste kompetisie bygewoon, wat my gemotiveer het om baie beter te word en een van die topspelers in Suid-Afrika te word,” sê hy.

Dylan, wat die afgelope twee jaar speedcubing doen, is ook deur ’n vriend aan dié sportsoort bekend gestel.

“My vriend het eendag met ’n Rubik-kubus by die skool opgedaag en kon dit binne twee minute bemeester. Ek het op YouTube gaan kyk hoe om dit te doen. ’n Week later kon ek dit amper onder ’n minuut bemeester en het ’n tutoriaal gekyk om vinniger te raak. “Speedcubing verbeter baie dele van jou brein, soos die geheue en jou reaksietyd. Ek geniet dit vreeslik om vinniger te raak en te kompeteer,” sê hy.

Speedcubing verbeter baie dele van jou brein, soos die geheue en jou reaksietyd.
Dylan Swarts

Vir Dylan is die lekkerste gedeelte van dié sport dat dit baie sosiaal is.

“Van die deelnemers is maar skaam en introverte.

“Ek hou daarvan om met ander speedcubers te kommunikeer en te kompeteer. Alles van speedcubing is pret, veral as ek kan verbeter en vinniger raak. As ek my persoonlike rekords verbeter, raak ek baie opgewonde.”

Calum sê vir hom is dit ’n wonderlike gevoel om te weet wanneer hy rekords verbeter.

“Dit is lekker om te sien waar ek op die ranglys is; hier in Suid-Afrika, in Afrika en die wêreld.”

Die sportsoort is nog baie onbekend in die land en is ook nie baie gewild nie.

Hulle sê amptelike kompetisies is skaars weens min borge.

Ter voorbereiding van kompetisies werk Calum sowat 50 oplossing uit vir sy gunstelinggeleenthede en Dylan kies sy gunstelingkubus wat hy wil oefen omdat hy aan soveel geleenthede deelneem.

Hulle het al verskeie prestasies behaal in die kompetisies waaraan hulle deelgeneem het.

Die Hoërskool Strand het ’n speedcube-klub by die skool gestig om medeleerlinge daaraan bloot stel en hulle te leer om ’n Rubik-kubus te bemeester.

“Daar is reeds ’n paar graad 8-leerlinge wat ons al touwys gemaak het. Ons doel is om klein kompetisies by die skool te hou en speedcubing in die land te laat groei,” sê Dylan.

Calum en Dylan berei hulle tans voor vir die Arnold Classic Africa-sportfees en -ekspo wat in Mei in Sandton plaasvind.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.