Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Skole het nog net 2 weke om in te skryf vir kompetisie

Skole in Volksblad se lesersgebied het twee weke oor om hulle in te skryf vir dié koerant se skoolkoerantkompetisie, soortgelyk aan die nasionale kompetisie waarin plaaslike skole in die verlede uitstekend gevaar het.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 14 September.

Volksblad

Skole kan hulle inskryf in vier kategorieë: Hoërskole gedruk, hoërskole digitaal, laerskole gedruk en laerskole digitaal.

Enige hoërskole en laerskole in Volksblad se verspreidingsgebied mag hul skoolkoerante inskryf.

Net publikasies wat tussen 1 Junie 2017 en 31 Julie 2018 verskyn­ het, kan ingeskryf word.

Elke skool kan ook net een koerant uit dié tydperk inskryf.

Om in te skryf, stuur ’n e-pos om die inskrywingsvorm aan te vra.

Die stappe hierna is die volgende:

  • Vir gedrukte koerante: Stuur vier eksemplare van die koerant wat ingeskryf word per koerier na Volksblad se kantore. Dit kan ook per hand afgegee word;
  • Heg hierby vier eksemplare van die skoolkoerant se bedryfsplan en die inskrywingsvorm aan; en
  • Stuur ’n PDF-weergawe van die koerant aan die e-posadres wat verskaf word.
  • Vir digitale koerante: Stuur die skakel na die webkoerant per e-pos aan die adres hieronder; en
  • Stuur hiermee saam ook die inskrywingsvorm en die koerant se bedryfsplan.

Die bedryfsplan behoort die volgende elemente te bevat: Visie en missie; proses en beplanning; redaksionele samestelling, en staat van inkomste en uitgawes.

Die uitslag van die kompetisie sal teen middel Oktober in Volksblad aangekondig word.

Die wenskool in elke kategorie ontvang R3 000 en die skole wat tweede kom R1 000 elk.

Stuur enige korrespondensie en navrae, met Skoolkoerantkompetisie in die boodskapveld, aan cvanstaden@volksblad.com.

Koerier alle inskrywings, duidelik gemerk Skoolkoerantkompetisie, na: Petro Jordaan, Volksblad-gebou, Nelson Mandelarylaan 79, Bloemfontein 9300.

Inskrywings kan ook per hand afgegee word.

Meer oor:  Volksblad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.