Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Skole-seges verras

Onverwagte oortuigende seges deur die Hoër Landbouskool Boland oor die Hoër Landbouskool Oakdale en so ook die Hoërskool D.F. Malan oor die Hoërskool Bellville, asook ’n verrassende oorwinning vir die Hoërskool Overberg oor die Hoërskool Hermanus was kenmerke van die jongste reeks o.19A-rugbywedstryde Saterdag in die Wes-Kaap.

Die vleuel Bertus Baard van die Hoër Landbouskool Boland duik oor die doellyn vir een van sy twee drieë in Saterdag se wedstryd teen die Hoër Landbouskool Oakdale. Sy span het op sy tuisveld ’n weghol-oorwinning van 56-19 oor die Riversdallers behaal. Foto: Jaco Marais

Landbouskool Boland het met sy wegholoorwinning van 56-19 oor sy eweknie van Riversdal die grootste wentelling in die 31-jarige bestaan van die jaarlikse interskole-botsing teen Oakdale behaal.

“Dit was ’n kliniese vertoning waarin alles net reg verloop het vir Landbouskool Boland,” sê Oloff Bergh, die hoofafrigter van die wenspan. “Ons het alle afdelings oorheers in ’n wedstryd wat teen ’n geweldig vinnige tempo gespeel is.”

Daarby het die Paarliete ook met baie goeie verdediging die besoekers telkens uit rat gegooi.

D.F. Malan se veel swaarder voorhoede het die aanvoorwerk gedoen vir dié span se onverwagte maklike oorwinning van 20-5 in die interskole-wedstryd teen Bellville.

DF het met sy oorheersing voorlangs die meeste balbesit bekom sodat Bellville behoorlik moes bontstaan op die verdediging, verduidelik Johan Joubert, die mede-afrigter van Bellville.

Ook die Hoërskool Stellenberg het sy interskole-kragmeting met die Hoërskool Durbanville onverwags maklik met 36-7 gewen. Deur sy puntekanse goed te benut, het Stellies met uitstekende samespel in die eerste helfte ’n groot voorsprong opgebou, sê Doepie du Preez, die rugbyorganiseerder van Stellenberg.

Die Seunskool Rondebosch het sy houvas op SACS voortgesit deur vir die derde agtereenvolgende keer die Nuwelanders te klop. Dit was egter nie maklik nie, want SACS was met die draaislag nog 24-7 voor danksy ondernemende spel.

Die Bosch – wat vir driekwart van die wedstryd met net 14 spelers oor die weg moes kom omdat ’n speler met ’n rooikaart afgestuur is – het met behulp van puik samespel in die tweede skof die knoop deurgehak.

Die Seunskool Wynberg het ná nederlae in sy vorige drie wedstryde teen Bishops hierdie slag die bordjies verhang met ’n wentelling van 22-20.

Die tuisspan was skynbaar oorgerus terwyl die veel ligter Caledonners deur middel van uitstekende verdediging dié sege verseker het.

Hottentots-Holland het in sy interskole-botsing teen die Hoërskool Strand nie ’n teenvoeter gehad vir Strand se goeie ondersteunende spel nie. Strand het boonop telkens met omgekeerde besit die besoekers onkant betrap onderweg na ’n sege van 38-14.

In die Boland het Overberg ’n skok-oorwinning van 30-29 in sy interskole-kragmeting met Hermanus behaal.

Die tuisspan was skynbaar oorgerus terwyl die veel ligter Caledonners deur middel van uitstekende verdediging dié sege verseker het.

Hugenote het in Wellington wraak geneem vir sy nederlaag in verlede jaar se interskole-wedstryd teen Swartland. Hugenote was die slag bobaas met 36-14.

Nadat Charlie Hofmeyr verlede seisoen maklik met Robertson afgereken het, het hy dié keer met ’n omgekrapte Robertson te doen gekry. Die interskole-wedstryd het met 23-23 gelykop geëindig.

Porterville het met 20-12 sy segetog teen Piketberg voortgesit.

Meer oor:  Skolerugby  |  Jip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.