Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Skolerugbyspanne vir nasionale toernooie

Dit sal heelwat verg van vanjaar se WP-Cravenweekspan om die Streeptruie-span van 2018 – wat in die Paarl as die topspan in die land ontpop het – na te doen.

Tog glo die Kapenaars se spanbestuur vas dat die WP dit wel weer aanstaande maand in Bloemfontein sal kan vermag.

“Voorlangs is ons ligter en selfs miskien minder fisies as wat gewoonlik die geval is, maar die besonder woelige losvoorspelers en blitsige agterlyn kompenseer daarvoor,” sê Faizel Adam, die span se hoofafrigter.

Daarmee spel hy dit dan ook uit wat die span se spelpatroon gaan wees.

Daar gaan nie geskroom word om die bal deurentyd wyd te speel nie en om deur middel van tradisionele WP-hardlooprugby die wêreld aan die brand te speel.

Die Streeptruie het die afgelope week ’n groot terugslag gekry toe die sterk en ervare voorryman Robbie Rodgers (Paul Roos) hom weens ’n ernstige besering aan die gekose span moes onttrek.

Hy was verlede jaar lid van die WP se seëvierende groep. Bobby Alexander (skrumskakel), Dylan de Leeuw (slot) en Kade Wolhuter (heelagter/losskakel) is darem weer daar, terwyl Tharquinn Manuel (senter/vleuel) ook al ’n draai by die Cravenweek gemaak het.

WP-spanne vir die verskillende nasionale toernooie

o.18 Cravenweek: Bobby Alexander, Jovan Bekker, Curwin Gertse, Louwtjie Marais, Pierich Siebert (almal Paarl Gim), Tyler Bock, Quan Horn, Angelo Osch, Rhynhardt Rijnsburger, Jacques Rousseau, Gideon van Wyk, Alister Williams (almal HJS Paarl), Dylan de Leeuw, Kade Wolhuter (albei Paul Roos Gim), Marko de Wit (Landbouskool Boland), Connor Evans, Liam Kloosman, Sacha Mgomezulu, Isaiah Wharton (almal Bishops), Brian le Roux, Lukhanyo Vokozela (albei Rondebosch), Tharquinn Manuel (Stellenberg) en Romauld Ntumba (Milnerton). Bestuurder: Etienne van den Brink. Afrigters: Faizel Adam, Therlow Pietersen en Clinton van Rensburg.

o.18 Cravenweek-XV-tal: Keegan Blanckenberg (Bishops), Jarred Cairns, Cade Croy, Corné Weilbach (almal Paul Roos Gim), Liam Compion, Stephan du Toit, Ethan James, Louw Nel, Marco van Rhyn, Tiaan Swanepoel (almal Paarl Gim), Javier Farmer, Kian Meadon, Stass Nel (almal HJS Paarl), Abduragheem Ismail, Heath Jacobs (albei Milnerton), Jason Johnson, Isameel Saffodien (albeiRondebosch), Rethabile Louw, Philip Masanga, Ebenezer Tshimanga (almal Wynberg), Jacques Mostert (Landbouskool Boland) en Enos Ndiao (SACS). Bestuurder: Zuhdi Abdullaah. Afrigters: Heinrich Martin, Thembani Ncgubelanga en Oloff Bergh.

o.18 Akademieweek: Eric Basson, Juandré Burger, Reynhardt Crous, Johan van Rhyn, Juan Wilson (almal Paarl Gim), Delvon Blood, Kian Davis, Conor van Eden, Lamla Nunu (almal Rondebosch), Luke Burger, Jesse Linders (albei Paul Roos Gim), Conwill Conradie (Stellenberg), Delmar Degenaar, Jade Hendricks, Sebastian Lombard, Benjohan Snijman (almal HJS Paarl), Siphomeza Dyonase (Wynberg), Rihaz Fredericks, Duran Koevort (albei SACS), Luka Liebenberg (Bishops), Kyle Milford (HS Bellville), Tarique Pietersen en Hendri van der Westhuizen (albei Landbouskool Boland). Bestuurder: Lazola Matshobongwana. Afrigters: Mzi Nyathi, Angelo Fritz en Maxwell Stoffels.

o.18 Akademieweek-XV-tal: Hakeem Adams, Byron Maree, Breyton Maree (almal Melkbosstrand), Joshua Africa (De Kuilen), Ethan Borcherds, Ivan Coetzee, Ryan Coetzer, Keanuh Michaels, Leonard de Leeuw (almal Parel Vallei), Ronaldo Ismail, Corné Oliphant, Marshaleno Valensky (almal Durbanville), Brandon Jafta (Brackenfell), Darren Jonkers, Siyamkela Kwesaba, Silas Marufu, Imaad Phillips (almal Milnerton), Caleb Matthys (Bertgvliet), Daniel Middleton (Fairmont), Rowan Pritchard (Florida), Shane Rosslind (Parklands), HD Stemmet en Liam Tattersall (albei Tygerberg). Bestuurder: Brian Willemse. Afrigters: Ebrahim Moerat, Maxwell Boikoy en Tertius Texeira.

o.16 Grant Khomo-week: Joshua Africa, Jason Johnson, Tristan van Dyk, Matthew van Schalkwyk (almal Paul Roos Gim), Leon Best, Hakeem Kunene, Coetzee le Roux, Abulele Ndabami, Luca Ribbens, Bevan Simons, Keagon Smith, Compion von Ludwig (almal HJS Paarl), Charl Cronje, Gustav Laubscher, Jaco Wiehan (Landbouskool Boland), Nassar de Kock, Suleiman Hartzenberg (albei Bishops), Jack Haynes, Michael Koch, Corné Lavagne (almal Paarl Gim), Sofiso Mpanza (Wynberg), Jaden Sam (Stellenberg) en Hanno Wessels (Durbanville). Bestuurder: Kuyper Albertyn. Afrigters: Reginald Nutt, Craig Childs en Clive Daniels.

o.13 Cravenweek: Jordan Africa (Excelsior), Nkabinde Amuhelang (Lochnerhof), Samuel Badenhorst, Luan Bosman, Chris Jordaan (almal LJS Paarl), Barhemulemie Bena-Ntumba (Table View), Jacobus Blanckenberg, Zylan Fortuin (albei Durbanville), Adeeb Boriane (LS Stellenbosch), Liam Burger, Simthandile Mafuya, Rico van Zyl, David Simon (almal Bastion), Ashwin Cox (Symphony), Tiaan du Plessis, Evan Kotze (albei Eversdal), Reece Heaton (De Kuilen), Caleb Louw (Hendrik Louw), Riley Norton (Rhenish), Oliver Reid (Panorama), Michael Sitade (Table View), Ashwin Swarts (Noord-Eind) en Ruan de Weerdt (Eikestad). Bestuurder: Abraham Douries. Afrigters: SW Verster, Ruben Abels en Siyasanga Mkiva.

SWD- en Boland-skolerugbyspanne

Die Suidwestelike Distrikte het een groot voordeel met sy deelname aan die komende Cravenweek vir o.18-spanne. Aan samespel sal daar gewis nie ’n gebrek wees nie.

19 van die 23 spelers is van slegs twee skole – 11 van Outeniqua en agt van die Landbouskool Oakdale.

Die spanne vir die verskillende toernooie is:

o.18 Cravenweek: Ashaldo Kiewiet (Albertinia), Caston Michaels, Tinsley Stuurman, Abre Minnie, Bennet Nortje, Corné Struwig, Leon Volschenk, Francois Breytenbach, Zander Bezuidenhout, Leonardo Coetsee, Matthew Thorn, Chadley Josias (almal Outeniqua), Alwich van der Linde, Tino Singe, Hendrik Victor, Vernon Paulo, Janus Ferreira, Corné Rahl, Neil Francis, Malcolm Joseph (almal Oakdale), Rowan Jumat (HS George), Blake Morgan (Heidelberg) en Zano-Lee Jonkers (Bridgton).

o.18 Akademieweek: Bladen Hector, Gerhard Ackerman, Dean Malherbe, Henry Tromp, Lawrence Victor (almal Outeniqua), Keaton Bush, Nico Petersen, Kaylin Cordier, Sybrand van Dyk, Petrie Steyn, Marnus Mallet, Matthew Stevens (almal Oakdale), Justin Wolmarans, Royden Jonkers (albei Bridgton), M. Esau (Pacaltsdorp), Lulama Makhusha, Alwyn Marx (albei HS Punt), Francois du Plessis (Langenhoven Gim), Francois Cummings, Leogan Stefaans, Keith-Roy Kiewiet (almal HS George), Berthal September (Kairos) en Musa Kitsi (Wittedrift).

o.16 Grant Khomo-week: G. Robertson, D. van Briessies (albei Sao Bras), Rosco Seconds (HS Punt), Simon Oosthuizen, Enrique Arendse, Morné Els, Neil le Roux, Philip Kleinhans, Paul de Villiers, Dian Heunis, Riaan Swart, Johan Durr (almal Oakdale), Johan Leonard, Luddick Muller, Oliver Kurz, Laluma Dyanti, Elzaine Terblanche, P. Kitete, Lawrence Berton, A. Adams, D. van Rensburg, R. Tenteni (almal Outeniqua) en J. Jansen (HS George).

o.18-Meisiespan (Johannesburg, 17-21 Junie): Mhazakasa Someleze, Nonkosi Giyose (albei Imizamoyethu), Rachel Lavack, Beaulin Ruiters, Juane Nomdoe (almal Albertinia), Buhle Godwana, Tarren Calvert (albei Knysna Sek.), Lujoline Kiewiets (Heatherlands), Teresa Roberts (Kairos), Asenathi Mdyeshana, Wyona Samuels (albei Concordia), Nikita Jansen, Nicole Williams, Chanté Cornelius, Lucinda Davids (almal HS George), Jo-Anne Phillips (Pacaltsdorp), Amanda Klaasen, Chanté Jonck, Michaela Olivier (almal Parkdene), La-Rochelle Anta, Holwidene Goliath, Delmarie Julies (almal Môrester) en Raywardene Fernol (Uniondale).

o.13 Cravenweek: Aya Dada, Keanon Jantjies, Rowan Mfutu, Truspé Schoeman, Migail Barnard, Brado Andrews, Aldert van Zyl, Dewaldt Jonck (almal Outeniqua), Aza Gabada (Niko Brummer), Kurt Coetzee, Deacon Cooper,Zack Joubert (almal Park), Jean Joubert (Hartenbos), Elgernon Meyer (Vorentoe),Eric Steyn, Ruben Rossouw (albei George-Suid), Hendrick de Beer (Bertie Barnard), Jugen Isaacs (Ladysmith), Benego Moolman (Ridgview), Lee-Win Pretorius (Dewaalville), Keenan Stoffels (Delville Park) en Raylin Albert (Voorwaarts). Bestuurder: Elton Titus. Afrigters: Ralph Michaels en Wikus Smit.

  • Agt spelers van die Hoër Tegniese Skool Drostdy is ingesluit in die Boland se o.18-Cravenweekspan.

Die beskikbare Bolandspanne vir die komende toernooie is:

o.18 Cravenweek: Keane Galant, Hugo Mostert, Roann Jansen, Joshua Smith, Renier Viljoen, Wynand du Plessis, Benicio Kamfer, Gysbert du Preez (almal Drostdy), Bradley Alexander (Groenberg), Wayne Plaatjies (Worcester Gim), Boldwin Hansen, SJ Herholdt, Tarek Smith, Tiaan Hechter (almal Hermanus), William Baron (Charlie Hofmeyr), JP van der Westhuizen (Vredendal), Albert Bruwer (Robertson), Marcel Pheiffer, Danel Franse (albei Overberg), Fernnin Arendse (Swartland), Gilton Mangena (New Orleans), Nathan Engelbrecht (Hopefield) en Jayden van Wyk (Bergrivier). Bestuurder: André Louw. Afrigters: Anton Esau, Renier de Villiers en Graham Bellingan.

o.18 Akademieweek: Jumile Lucas, Tanner van Tonder, Sean Castle, Mouhamed Diop, William Thorpe (almal Hermanus), Ruthan Valentyn (Klein Nederburg), Jacquin Kerr (Grabouw), Caylo Markus (Schoonspruit), Brian Zake (Worcester Gim), Carlton Pietersen, Justin Henning (albei Drostdy), Rob Hatem (Hopefield), Jaco Strijdom, Willsley Banies (albei Piketberg), Elzane Philander (Groenberg), Marlo Bester, Estean Herman (albei Swartland), Nathan Wilson (Hugenote), Heini von Wielligh (Vredendal), Anrich Hugo (New Orleans), Sarel Herbst (Charlie Hofmeyr), Rowan Heneke (Swartberg) en Lucian Abrahams (Worcester Gim). Bestuurder: Francen September. Afrigters: Martin Dyason, Zynodean Fredericks en Christie Fourie.

o.16 Grant Khomo-week: Nayron Solomons, Percy Basson, Juan Colling, Henru Wilkenson, JP Snell, Pieter Haman, JC de Leeuw, Michael Ryan, JP Swanepoel, Abre Griessel (almal Drostdy), Keano Philander, Shaun Phillips , Pravin Padayachie (almal Hugenote), Glenlen Tromp (Ceres Sek), JJ Groenewaldt (Bredasdorp), Ghidian van Rheenen, Danston Cloete, Uchean Jacobs, Phillip Basson (almal Worcester Gim), JP Bekker (Hopefield), Ashwill Dampies (Weltevrede), Ruben Tharrat en Romeal Swart (albei Swartland). Bestuurder: Athol Ontong. Afrigters: Rudolph le Roux, Dillan Demas en Jeffrey Fransman.

Meer oor:  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.