Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Skool stom oor skenking

Sonder woorde en heeltemal verbaas.

Dít was die reaksie van Davene Vermeulen, waarnemende skoolhoof van die Primêre Skool Simondium, nadat hulle gehoor het hoeveel geld aan die skool geskenk word.

“Ek het gedink ons kry R10 000 of miskien R30 000, maar nooit in my wildste drome het ek soveel geld verwag nie.”

Links: Davene Vermeulen en Koos Bekker finaliseer die dokumentasie vir die R3,4 miljoen-skenking aan die Primêre Skool Simondium.

Koos Bekker, voorsitter van Naspers se direksie, het vanjaar sy R3,4 miljoen-direksiegelde van Naspers en Tencent aan dié skool geskenk.

Hetty Human, skoolhoof by Babylonstoren se skool, het Bekker in kennis gestel van die uitdagings en tekorte wat die Primêre Skool Simondium het.

“Met my eerste besoek aan die skool het ek vir hulle gevra wat hulle kort. Ek het agtergekom en ook gesien dat die skool baie behoeftes het en dadelik besluit dat hulle beter as ek weet wat hulle benodig,” sê Bekker.

Juis daarom het hy besluit om vir hulle geld te gee.

Volgens Bekker, wat self sy hele skoolloopbaan in ’n plattelandse skool was, kan ons land slegs internasionaal meeding as skole opgebou word.

“Lande wat die klem op onderwys plaas, doen baie goed in die wêreld. Werkskepping is baie belangrik in ons land, maar om werk te skep, moet mense eers opgelei word,” sê hy.

By die Primêre Skool Simondium, wat 705 leerlinge van gr. R tot gr. 7 het, gaan die skenking eerstens gebruik word om van die skool se projekte te finansier.

Volgens Vermeulen gaan hulle ’n klimraam en speelpark vir die jonger leerlinge kry en dan die veiligheid van die skool opskerp. Hulle kyk na beter heinings en ’n hek wat elektronies oop en toe kan maak.

“Daarna gaan ons probeer om vir die leerlinge onderrig van ’n beter gehalte te gee.

“Miskien kan ons ook nog onderwysers kry en die klasse kleiner maak,” sê sy.

Bo: Robyn Abner (hoofmeisie), Davene Vermeulen, Rochlynne Isaacs (onderhoofmeisie), Koos Bekker, Cameron Daniels (onderhoofseun) en Hetty Human. Foto’s: SUZAAN POTGIETER

Hierdie klein skooltjie in Simondium bied die leerlinge alles wat hy kan, soos verskillende sportsoorte, maar volgens Vermeulen kan hulle nie altyd vervoer bekostig om die leerlinge ander geleenthede te bied nie.

“Ons kan nie altyd die busgeld bekostig om die sportspanne na ander skole te vat vir wedstryde of om die leerlinge vir opvoedkundige uitstappies na Kaapstad te neem nie,” sê sy.

Die geld gaan dus ook handig te pas kom om gate soos hierdie toe te stop.

“Ons het maar altyd wense en mikpunte en glo dat ons dit êrens sal kry. Daarom is ons so dankbaar vir die skenking, want dit gaan baie dinge by die skool verbeter,” sê Vermeulen.

Meer oor:  Koos Bekker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.