Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Sosiale vaardighede ‘moet vroeg geleer word’

Volgens die stigters van The School of Etiquette word die groeipotensiaal van leerlinge in openbare skole belemmer deurdat onderrig in uiters belangrike sosiale vaardighede en sake-etiket oor die hoof gesien word. Courtenay Carey, direkteur en medestigter van dié skool, het met Alvené Appollis gepraat. 

Cole Zion Swanepoel (7) is in gr. 2 aan die Brylin Primary School in Fairview.

Carey glo dat dié probleem groter is in gebiede waar ’n wesent­like tekort aan hulpbronne is omdat die kinders hier dikwels nie dieselfde geleenthede as hul portuurgroepe in die meer gegoede buurte het nie.

“Baie mense beskou sosiale vaardighede as onbelangrik en nie iets wat gekwantifiseer kan word nie,” sê sy. “Tog bewys studies deur die Harvard- en die Stanford-universiteite asook die Carnegie-stigting dat sosiale vaardighede sowat 85% tot finansiële sukses kan bydra.

“Die waarheid is dat die 12 tot 15 jaar wat ons kinders in die skole deurbring, net ’n 15%-bydrae lewer tot die sukses wat hulle in die lewe behaal.

“Die gevolg is dat baie skoolverlaters nie die vaagste benul het van onderhoudvoering of hoe om in die werkplek in te pas nie.”

Die regering moet intree

Carey glo die regering behoort by die hersiening van die skoolkurrikulum sosiale vaardighede vir alle ouderdomsgroepe in te stel asook sake-etiket vir matrikulante by lewensoriënteringsklasse in te sluit.

Volgens haar moet kinders selfs al op agtjarige ouderdom sosiale vaardighede aangeleer word en sake-etiket moet van 17 jarige ouderdom of van graad 11 af geleer word.

“Deur die vaardighede aan te leer, word verseker dat die langtermynvooruitsigte vir dié kinders verbeter. Dit sluit aansoeke om werk en bevordering by die werkplek in. Hulle word beter toegerus vir moontlike sakegeleenthede en sal gemakliker en meer selfversekerd wees.

“Die moontlikheid dat hulle in die verleentheid sal wees of aan sosiale verwerping blootgestel kan word, is minder omdat hulle hulle nie skuldig sal maak aan onvanpaste gedrag wat hulle by onderhoude of in sakekringe sal benadeel nie.”

’n Gebrek aan etiket belemmer werkgeleenthede

Sarah-Lee du Plessis (3) wys hoe ’n meisie met goeie etiket moet staan.

Carey meen omdat jonges nog nie die basiese etiket en sosiale vaardighede aangeleer het nie, word hulle dikwels as onintelligent beskou wanneer hulle die arbeidsmark betree.

“In werklikheid weet hulle net nie wat van hulle verwag word en hoe om hulself te laat geld nie.

“Sodoende word hul intelligensie misgekyk omdat hul gebrek aan sosiale vaardighede die indruk skep dat hulle onprofessioneel, ongemotiveerd en onbevoeg is.

“Ek is vas oortuig dat hierdie opleiding noodsaaklik is vir jongmense wat in die werkomgewing sukkel en dat dit deel van selfbeeld- en motiveringsopleiding behoort te wees.”

Om bogenoemde toe te lig, gebruik sy die voorbeeld van ’n sakeman wat ’n jongman van ’n minderbevoorregte agtergrond vir middagete uitneem.

“Fraser* het ’n pizza en ’n klein gesonde groenslaai bestel. Toe Fraser die jongman van die slaai aanbied, het hy dit van die hand gewys net omdat hy nie geweet het hoe om ’n mes en ’n vurk te gebruik nie.

“Hy het vir Fraser gesê hy en sy vriende koop eerder kos by KFC sodat hulle met hul hande kan eet,” vertel Carey.

“Hierdie reaksie bewys hoe iets so eenvoudigs soos die onvermoë om ’n mes en vurk behoorlik te kan gebruik, ’n kind kan belemmer om eendag ’n werk te bekom as die onderhoud oor ’n maaltyd geskied.

“Al is eet ’n baie klein aspek van etiket, is dit belangrik vir die algehele welstand van die jeug.”

Meer oor:  Jip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.