Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Sportprestasies hier in oorvloed

Op sportgebied is Zwartkop baie trots op die 18 sportsoorte wat hier afgerig word. Dit sluit boogskiet, tennis, sagtebal, krieket, fietsry en vele meer in.

Vanjaar spog die Zwarries met uitsonderlike prestasies op sportgebied.

Zwarrie-atletiek neem deel aan die A-afdeling van die Pretoria-skole- en Super 16-interhoër wat verskeie SA kampioenatlete en medaljewenners opgelewer het. Die topatleet Gawie Louw het Suid-Afrika verteenwoordig by die IAAF Wêreld-junior kampioenskap in Tampere, Finland. Ons landloopspan word deur een van die beste afrigters, Willie Engelbrecht, afgerig en ten minste 20 leerlinge dring jaar ná jaar deur na die SA kampioenskap.

Jeanette Louw het aan die A-bond interhoër atletiekbyeenkoms deelgeneem.

Simonay Weitsz het in 2017 haar land en skool by die Wêreldlandloop-kampioenskap in Uganda verteenwoordig.

Hokkie kook in Zwarrie-land en al die goeie prestasies is ’n bewys daarvan. Vyf van die meisiespanne wen die skoleliga en drie spanne tree as naaswenners uit die stryd. Die meisiespanne wen die promosie/relegasie en skuif op na die Grootskole 1-liga.

Die skaak wen silwer en brons in die NWU-PUK-reeks. Die o.15A- en o.19A-span neem deel aan die Tshwane-liga en eindig eerste in hul groepe. Hulle dring deur na die distrik-eindstryd waar die o.15A-span tweede kom en deurgaan na die Gauteng-eindstryd.

Die Hoërskool Zwartkop het nie ’n swembad nie, maar moet nie vir een oomblik dink dit hou die Zwarrie-swemmers terug nie. Hierdie span het vanjaar by die C-bond-interhoër gewen en gaan in 2019 in die B-Bond deelneem.

Die skool se rugby is ook aan die brand met die titel as algehele wenners van die 2018-Puk Prestige-reeks. Die o.14A- en o.15A-span speel in die Virsekerbeker-reeks se halfeindstryd en lewer sewe provinsiale spelers op. Zwartkop spog ook met hul eie rugby-dansers wat te sien is met elke tuiswedstryd van die eerste span.

Die netbalmeisies het die land behoorlik aan hul voete met al vyf die A-spanne wat na die Gauteng-kampioenskap deurgedring het. Die eerste en o.14-span verwerf ’n silwermedalje en die o.16-span het ’n goue medalje gewen. By die SASN-kampioenskap behaal die o.14-span ’n sewende plek en die o.16-span wen die silwermedalje. Die eerste span dring deur na die topagt waar hulle met ’n algehele vierde plek wegstap.

Die skool se “raakskiet-boogskutters” wen die provinsiale kampioenskap en word gekroon as die beste boogskietspan in Gauteng. Drie Zwarries word ook opgeneem in die Gauteng-span.

Die Hoërskool Zwartkop spog met ’n tweeverdieping-kondisioneringsentrum waar die sportmanne en -vroue se tegniek verfyn en spiere ontwikkel word.

Gerhard van Rooyen is een van Hoërskool Zwartkop se uitbklinkers op die rugbyveld.
Meer oor:  Hoërskool Zwartkop  |  Fokus Op Skole  |  Sport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.