Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Spring vinnig om vir Blitsbrein Junior in te skryf!

Goeie nuus is die afgelope tyd maar dun gesaai, maar Blitsbrein Junior (Netwerk24 se algemene-kennis-kompetisie) gaan voort vanjaar en sal aanlyn aangebied word sodat jy van die huis af kan deelneem. Dís beslis goeie nuus!

“Die Covid-19-pandemie het vanjaar baie dinge deurmekaargekrap, maar ons is opgewonde dat die Blitsbrein-kompetisie steeds kan voortgaan,” sê Anika Pieterse van Netwerk24.

“Daar is steeds baie onsekerheid oor presies wanneer die skole weer ten volle aan die gang gaan gewees. Die kompetisie is so aangepas dat leerlinge van gr. 8 tot gr. 11 die uitdunronde aanlyn kan aflê. Die finale ronde gaan via Zoom geskied,” sê Pieterse.

Daar is twee kompetisies – een vir gr. 8’s en gr. 9’s en een vir gr. 10’s en gr. 11’s.

Hoewel die formaat van vanjaar se kompetisie aangepas is, is die prysgeld steeds dieselfde! Nasionale wenners sal met die volgende prysgeld wegstap:

  • 1ste plek: R10 000 (leerling) en R10 000 (skool)
  • 2de plek: R7 500 (leerling) en R7 500 (skool)
  • 3de plek: R5 000 (leerling) en R5 000 (skool)

Provinsiale wenners kry ook heerlike kontantpryse!

As jy weet hoeveel planete daar in die sonnestelsel is, of wie Taylor Swift is, is jy die ideale kandidaat vir Blitsbrein Junior. Wees deel van die opwindende kompetisie, maar registreer blitsig, want registrasie vir die uitdunronde sluit Woensdag om middernag. Die uitdunronde vind Vrydag om 14:00 plaas.

Registreer by www.cumlaudemedia.com (klik op die toepaslike Blitsbrein-skakel) of stuur ’n e-pos na blitsbrein@cumlaudemedia.com vir meer besonderhede.

Meer oor:  Blitsbrein  |  Blitsbrein Junior
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.