Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Stelllenbosch doen dit nog 'n keer!

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Stellenbosse skole die vloer gevee met opponente in die jaarlikse Dink of Sink-debatkompetisie.

Nes verlede jaar het die Hoër Meisieskool Bloemhof hul eerste plek goed verdedig én behou in die junior afdeling, en Paul Roos Gimnasium se vlymskerp tonge het hulle weer ’n eerste plek in die senior afdeling besorg.

Die debatkompetisie is in 2001 deur die Hoërskool D.F. Malan in Bellville begin en word vanjaar die vierde keer in die Wes-Kaap in samewerking met AfriForum aangebied.

In die juniors (gr. 8 en gr. 9) se eindstryd het Bloemhof teen die Hoërskool Parel Vallei te staan gekom met die onderwerp “Afrikaanssprekendes is Afrikaans se grootste vyand”.

Parel Vallei was as leidende span ten gunste van die stelling, terwyl Bloemhof daarteen gedebatteer het.

Die seniors (gr. 10 tot gr. 12) se onderwerp in die eindstryd tussen Paul Roos en D.F. Malan was “Haatspraak is vryheid van spraak”. Paul Roos het teen die stelling gedebatteer en D.F. Malan daarvoor.

Nadat daar die hele middag heerlik debat gevoer is om die eindronde te haal, het die vier spanne sterk standpunte geneem en gewys waarom hulle die beste spanne is.

Daar kan egter net een wenner in elke afdeling wees en Paul Roos en Bloemhof het met hul vurige opinies as wenners uit die stryd getree.

Albei spanne is baie opgewonde vir die nasionale eindstryd wat nou voorlê.

Andrea Visser, die junior wenspan span se eerste spreker, sê hulle is baie bevoorreg om te kon wen. “Ons is verskriklik bly dat ons so ver gekom het en dat ons harde werk vrugte afgewerp het,” het sy gesê.

Die tweede spreker van die debatspan, Melissa Ducharme, sê die vrae was heel billik. “Dit was baie geldige vrae en vrae wat ons kon verstaan,” voeg sy by.

Natalie Visser, die derde lid van die span asook Andrea se tweelingsuster, sê hulle sien baie uit na die volgende ronde.

uzaan Potgieter

ir die tweede agtereenvolgende jaar het Stellenbosse skole die vloer gevee met opponente in die jaarlikse Dink of Sink-debatkompetisie.

“Ons sien uit daarna om teen ander spanne van ander provinsies te kompeteer. Sover het ons nog net teen Wes-Kaapse spanne gekompeteer. As ons teen ander provinsies se spanne kompeteer, kan ons ons horisonne verbreed in terme van debat. Dit is ons eerste keer wat ons aan die debatkompetisie deelneem.”

Mihan van Zyl van die senior wenspan was baie tevrede met die kompetisie.

“Dis altyd vir ons almal ’n baie lekker ervaring en ek dink ’n mens verloor nooit die stres nie, maar leer om dit te hanteer. Vanaand se onderwerpe is die vrae wat ons almal in Suid-Afrika het, en ek voel ons het dit goed beantwoord,” sê hy.

Jacques Botma, die eerste spreker, sê hulle is ook baie opgewonde om weer na die nasionale eindstryd te gaan.

“Om weer te gaan bly ’n voorreg, al is dit jou tweede keer. Dis groot opwinding en ek dink ons gaan eers rus en dan van voor af begin en aanhou voorberei.”

Jean du Plessis, wat vir die eerste keer na die nasionale eindstryd gaan, glo hulle kan die finaal weer haal en wen.

“Ons sal beslis baie moeite insit vir ’n nasionale finaal.”

Die twee spanne neem in Oktober aan die eindstryd deel teen die wenners van die Noordstreek (Gauteng, Mpumalanga, Limpopo, Noordwes en KwaZulu-Natal), die sentrale streek (Vrystaat en Noord-Kaap), die verre noordstreek (Limpopo) en Namibië.

Meer oor:  Paul Roos Gimnasium  |  Stellenbosch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.