Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Tafelkrieket is totaal inklusief

Deelname aan mededingende sport by spesiale skole is nou moontlik danksy die gebruik van tafelkrieket.

Leerlinge van die spesiale skool St Josephs in Montana, Kaapstad, was uit hul vel van opwinding toe hulle voorverlede week ’n tafelkriekettafel ontvang het.

Bradlyn Stuurman van Sporting Chance wys die leerlinge en onderwysers van die spesiale skool St Josephs hoe tafelkrieket gespeel word. Dié nuwe sport is heeltemal inklusief en dien as sport vir leerlinge wat andersins nie aan sport kan deelneem nie. Foto: VERSKAF

Dié skool is vir kinders met chroniese siektes en spesiale behoeftes.

“Ons het nie ’n sportveld hier nie. Hierdie skenking beteken só baie vir ons, want ons kinders kan nou deel wees van sport en leer terwyl hulle pret het,” sê Carla Paulse, St Josephs se skoolhoof.

Sy sê die lekker ding van tafelkrieket is dat dit 100% inklusief is, want ál die kinders, selfs dié in rolstoele en dié met hemofilie (bloeiersiekte), kan deelneem.

Geen kind word dus agtergelaat nie.

Lord’s Taverners het die tafel aan St Josephs gegee wat deur The Kove Collection geskenk is. Die skenking sluit ook vier weke se afrigting deur Sporting ­

Chance in, want dit is belangrik dat onderwysers, afrigters en arbeidsterapeute van die skole ook opgelei word om ten volle gebruik te maak van die spel en sy voordele.

Ons kinders kan nou deel wees van sport en leer terwyl hulle pret het.
Carla Paulse

“Ons het die uitwerking gesien wat hierdie tafelkrieketprogram op jong mense het wat andersins nie deel van ’n sportprogram kan wees nie. Ons hoop om soveel as moontlik van die tafelkriekettafels by behoeftige skole in Suid-Afrika te kry,” sê Ian Kilbride, voorsitter van Lord’s Taverners.

Hulle is egter afhanklik van skenkings, want R10 000 is nodig om die tafel en opleiding te dek.

Volgens Kilbride het hulle gevind dat die skenking van een skool baie goed werk vir maatskappye wat ’n verskil in hul gemeenskap wil maak.

Daar is in dié stadium net 19 skole in die land wat tafelkrieket speel en daar is selfs planne in werking om interskole en interprovinsiale wedstryde en kompetisies te begin.

Meer oor:  Montana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.