Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Tygerberg gereed vir sewes in Dubai

Nie een nie, maar twee sportspanne van die Hoërskool Tygerberg vlieg volgende Maandag na Dubai, waar hulle die skool by die sewestoernooi gaan verteenwoordig.

Die Hoërskool Tygerberg se o.19-sewesrugbyspan is, agter van links, HD Stemmet en Etja de Meyer. Voor hulle staan Gavin Beresford (hulpafrigter), Alessandro Dirk, Grant Dampies, Jesse Basson en Henri Koch (hoofafrigter). In die tweede ry van voor is Marcel Stassen, John-Henri Pienaar, Diego Lombard en Surita Sloane (kondisioneringsafrigter). Voor is Byren Strydom, Sean Gordon en Tandile Hoyi.Foto’s: VERSKAF

Dié twee spanne gaan van 29 November tot 1 Desember deelneem aan die o.19-sewesrugby- en -netbaltoernooi wat saam met die Wêreldrugby-sewestoernooi val.

Die o.19-toernooi maak voorsiening vir verskeie internasionale spanne soos skole, klubs en uitnodigingspanne wat kan aansoek doen om deel te neem.

Die groep waarin die netbal- en rugbyspanne kompeteer, bestaan uit verskeie internasionale spanne asook ander Suid-Afrikaanse uitnodigingspanne.

Sowel die spelers as die afrigters sien uit na die toer en is opgewonde oor die blootstelling wat hulle daar gaan kry.

Die o.19-netbalspan van die Hoërskool Tygerberg wat na Dubai vertrek, is, agter van links, Karla Wagenaar, Anél Thompson, Adri Kannemeyer, Leandra Kotze en Mia Germishuys. In die middel is Demi Murray, Chante du Preez en Natasha Martins. Voor sit Carlyn Diergaardt en Nina Börnemeyer.

Adri Kannemeyer, kaptein van die netbalspan, sê hulle gaan alles in hul vermoë doen om die skool en die afrigters trots te maak.

“Om ons skool op dié vlak te verteenwoordig in ’n ander land, maak ons trots.

“Ons gaan daardie Tiere trots saamneem Dubai toe en vir hulle wys waartoe ons in staat is. Ons motto dié jaar was We won’t stop com­peting until our hearts stop beat­ing,” sê sy.

Tandile Hoyi, kaptein van die sewesrugbyspan, sê hulle sien veral uit na die atmosfeer van die toernooi.

“Die atmosfeer is glo iets om te beleef asook om teen ander internasionale spanne meet te ding. Ons is ook veral opgewonde om ander spelers te ontmoet. Ons gaan ook om Justin Geduld, oudleerling van die skool en tans ’n Blitsbok, te ondersteun,” sê hy.

Hy voeg by dat hulle graag die o.19-afdeling van die toernooi wil wen.

Volgens Henri Koch, rugbyafrigter, is hulle altyd opgewonde oor blootstelling op internasionale vlak.

“Dit verbreed horisonne, verwysingsraamwerke en wedstrydkennis. Die spelers én afrigters baat baie by sulke toernooie.

“Ons sien uit na die ervaring, die nuwe kennisse wat ons gaan maak, en natuurlik om rugby te kan speel,” sê Koch.

Isabel Roux, netbalafrigter, sê dit is vir hulle ’n voorreg om aan die toernooi te kan deelneem.

“Ons is ook baie opgewonde om Dubai te verken. Dit sal baie van die dogters se eerste keer wees dat hulle oorsee gaan,” sê sy.

Meer oor:  Sewes  |  Hoërskool Tygerberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.