Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Wes-Randse laerskole leer skaak

Dit is hope pret en koel om skaak te speel.

Dít is die boodskap wat die Moves for Life-skaakprogram by laerskoolleerlinge wou inboesem toe hulle einde Julie ’n week lank internasionale skaakdag gevier het.

Valentino Losper, ’n gr. 2-leerling aan die Hartzstraat Primary School in Randfontein, spog met sy gunsteling-skaakstuk.

Die program, wat deur die Silverstar-casino in Krugersdorp geborg word, het 4 111 leerlinge in sewe minderbevoorregte skole aan die Wes-Rand geleer om skaak te speel, waaronder Mashudu (Rietvallei), Avante, Mohlakano, Hartzstraat, FJL Wells, Nooitgedacht 88 en Paardekraal.

Die onderrig het ’n raaiselspeletjie ingesluit oor watter skaakstukke die leerlinge se maats verteenwoordig. Die leerlinge het ook skaakstukke ontwerp en met Tic Tacs skaak gespeel.

Sodoende is die leerlinge se denke, beredenering, strategieë, taktieke, selfvertroue in wiskunde en hul ruimtelike bewustheid ontwikkel.

“Die spesiale lesse verweef kreatiwiteit en skaak sodat dit pretaktiwiteite is wat almal kan geniet,” sê Marietjie Jansen van Vuuren, produkbestuurder van Moves for Life.

“Die spel is dus baie meer toeganklik vir alle kinders.”

Die onderwysers geniet dit ook, omdat hulle baie meer selfvertroue en vaardighede in skaakonderrig aanleer.

Meer oor:  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.