Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Wie is die beste skool in SA?
Die Twizza-reeks het een doel voor oë: om SA se beste atletiekskool te kroon. Foto: Mark Sampson

Suid-Afrikaanse skole maak hulle gereed vir Twizza se Superskolereeks waar hulle sal veg om die gesogte titel van “Suid-Afrika se beste atletiekskool”.

Die eerste streekkwalifiseringsbyeenkoms is op 19 September by die Bestmed Tuks-atletiekstadion in Pretoria, en die tweede byeenkoms op 5 Oktober in die Groenpunt-atletiekstadion (Kaapstad).

Die top40-skole sal daarna na die eindronde deurdring wat volgende jaar op 1 Februarie in Pretoria gaan plaasvind.

Die Hoërskool Uitsig in Centurion en die Hoër Jongenskool Paarl was die eerste twee skole wat aan Twizza se Superskolereeks deelgeneem het.

Ajee Valentine, nasionale borgbestuurder van Twizza, sê hulle is baie opgewonde oor dié reeks.

Toekomstige baan- en veldatlete sal met gesonde kompetisie te doen kry.
Twizza

“Toekomstige baan- en veldatlete sal met gesonde kompetisie te doen kry, terwyl hulle hul skole op ’n premiumbyeenkoms verteenwoordig.

“Die wenner word amptelik aangewys as Suid-Afrika se beste atletiekskool en neem die gesogte Twizza Taste The Moment-trofee en spogregte vir ’n jaar huis toe,” sê Valentine.

Valentine voeg by dat hulle oorweldig is deur die positiewe reaksie wat hulle van die skole ontvang. “Hulle verwelkom elke geleentheid vir die leerlinge om verdere ervaring op te doen in hierdie sport.”

Die hoof van atletiek by die Hoërskool Uitsig, Hanlie Truter, sê dié skool se atlete is altyd gereed vir ’n uitdaging.

“As skool streef ons daarna om meer blootstelling aan ons atlete en ons skool in die geheel te gee. Ons wil wys dat niks ons kan verhinder om deel te neem nie, ons entoesiasme kan belemmer of om groot hoogtes te bereik nie. Twizza se Superskolereeks is ’n innoverende en opwindende atletiekkompetisie wat nie misgeloop kan word nie,” sê Hanlie.

Rayno Snyman, wat in beheer is van atletiek by die Hoër Jongenskool Paarl, sê hulle hou van die konsep van die Superskolereeks. “Ons wil graag ons atlete maksimum blootstelling gee. Ons doel is om die prestasie van ons atlete te verbeter. Ons is opgewonde om dit op so ’n wonderlike platform te kan bereik.”

Meer oor:  Atletiek  |  Sa  |  Skolesport  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.