Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Wiskunde-boffin kry spesiale eer

Die top-leerlinge in die Wes-Kaap vir wiskunde en wetenskap is 9 Februarie tydens Engen se wiskunde- en wetenskapskool (EMSS) se prysuitdeling vereer.

Maajidah Arendse is as die topleerling van Engen se wiskunde- en wetenskapskool in die Wes-Kaap aangewys. Foto: VERSKAF

Die Wes-Kaap se beste wiskunde- en wetenskap-matrikulant, Maajidah Arendse, hoop om ’n suksesvolle siviele ingenieur en ’n trotse verteenwoordiger van vroue in ingenieurswese te word.

“Ek wil deel wees van projekte wat die geboude en natuurlike omgewing verbeter deur nuwe ontdekkings te maak en die lewens van my mede-Suid-Afrikaners te verbeter,” sê Arendse, wat ses onderskeidings behaal het.

Dié resultate het verseker dat sy in vanjaar ’n plek gekry het om ’n BSc-graad in siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Kaapstad te studeer.

Arendse, ’n oud-leerling van die Oracle Academy High School in Ottery, het in Zeekoevlei in Kaapstad grootgeword. Sy het elke Saterdagoggend van gr. 10 tot 12 Engen se aanvullende klasse by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) bygewoon.

Dit het gehelp het om haar punte ’n hupstoot te gee.

Sy sê die ekstra klasse het haar ook dissipline geleer asook om konsekwent in haar akademie te wees.

Haar advies aan die 2019-matriekklas is om doelwitte vir jouself te stel.

“Jy moet besef dat jy teen jouself en nie ander nie kompeteer. Jy gaan alleen daardie eindeksamen skryf,” sê sy.

Meer oor:  Matriekeksamen2018  |  Wiskunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.