Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Witpoort trots op hul F1-wenners

Die Mach 4-span van die Laerskool Witpoort naby Bapsfontein het vroeër vandeesmaand die eerste plek behaal in die distrik se F1-resies vir skole.

Die kompetisie is by die Sci-Bono-wetenskapsentrum in Johannesburg gehou.

Dit is deur Sangari SA en die departement van onderwys aangebied.

Die Mach 4-span: Lalique van der Vyver, Zed Lake, Corlia Eksteen, Christo Bester en Benita Schinkel. Foto: Stone House Studio

Nie net was die span algeheel eerste nie, maar hulle het ook toekennings ingeryg vir die beste portefeulje, die beste kuipstop-uitstalling, die beste verbale aanbieding en hulle was die wenners van die uitdunwedrenne.

Die Mach 4-span bestaan uit die gr. 6-leerlinge Benita Schinkel, Christo Bester, Lalique van der Vyver en Zed Lake, asook hul onderwyser, Corlia Eksteen.

“Die kompetisie is die toepassing van STEM (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde),” sê die skool.

“Behalwe vir die ontwerp van die motor en die resies wat hulle jaag, moet hulle self die bemarking doen en die borge werf.

“Die Mach 4-span het baie waarde uit die ervaring geput en sal – soos hul leuse aandui – ‘Loud and Proud’ wees wanneer hulle aan die provinsiale eindronde op 27 Oktober deelneem.”

Meer oor:  Renjaag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.