Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Worcester se span skitter
Die skitterende o.14A-rugbyspan van Worcester Gimnasium. Voor is André Cilliers (afrigter), Jethro Tentinia, Gino Juries, Nicolaas Groenewald (kapt.), Carrick Kustoor, Jaden Truter en Marius van der Bank (afrigter). In die tweede ry is Ethin Daames, Wally Biko, Jade Brown, Noah Pietersen, Matthew Wilton en Hughan-Lee Pekeur. Derde ry: Philani Mpakati, Zaid Fillies, Tyrone Abrahams, Joshua Oerson, Keith Booysen en Benathi Nzinyana. Agter: Joshua Arends, Hope Diso, Javanno Melouw, Logan Lewis, Aqueel de Bruyn, Jovawn Visagie en Rudolf de Wet.Foto: VERSKAF

Skuins onderkant die Bolandse Brandwagberge het ’n rugbyspannetjie van Worcester die afgelope seisoen die wêreld aan die brand gespeel.

Om ná 15 wedstryde die seisoen onoorwonne af te sluit is een ding, maar die Worcester Gimnasium se o.14A-span het dit boonop vermag met ’n gemiddelde wedstrydtelling van 58-3. Die Worcesteriete het altesame 873 punte ingehark en net 52 punte afgestaan.

In 10 van die 15 wedstryde het die Bosvarkies meer as 50 punte opgestapel en het in een geval selfs die 100-kerf verbygesteek. Net sewe drieë is gedurende die hele seisoen teen Worcester Gim gedruk – met die kwaaiste teenstand waarskynlik komende van Wynberg Boys’ High teen wie die Worcester-kannetjies met “net” 36-21 gewen het.

Die hoogste mate van fiksheid was ’n vername faktor in die span se welslae.

“André Cilliers, my medeafrigter, het die manne elke week behoorlik laat ‘aftjop’,” vertel Bankies van der Bank, ’n jarelange en gesoute afrigter by Worcester Gim.

Die Bosvarkies het oor ’n doodgemiddelde, hoewel hardwerkende, voorhoede beskik, maar dit was veral agterlangs, waar daar heelwat vaardighede en vaart was, dat die teenstanders dronk gehardloop is.

Die een vleuel, Javanno Melouw, tel onder meer onder die vier vinnigste o.14-atlete in die land.

Die span se uitslae die afgelope seisoen was: 58-0 t. Melkbosstrand, 54-5 t. Brackenfell, 60-0 t. Bredasdorp, 45-0 t. HS Swartland, 76-0 t. HS Punt, 71-0 t. Robertson, 55-3 t. Hugenote, 72-5 t. HS Bellville, 78-0 t. Hermanus, 36-21 t. Wynberg Boys’ High, 31-12 t. Nico Malan (Humansdorp), 106-0 t. Vredenburg, 45-3 t. Parel Vallei, 29-3 t. Charlie Hofmeyr en 57-0 t. De Kuilen.

.

Meer oor:  Worcester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.