Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
WP-rugby bobaas in dié wedstryde

Merkwaardig. Uitsonderlik. Dit is al wyse waarop die unieke prestasie van die WP se skolerugbyspanne die afgelope vakansie beskryf kan word.In die sewe toernooie het die Streeptruie in elk van die sewe saamtrekke die hoofwedstryd gehaal.

Dit is die o.18- en o.13-Cravenweke, die o.18-Akademieweek, die Grant Khomo-toernooi vir o.16’s, die LSOB-week en die o.18- en o.16-toernooie vir meisies. In ses van hierdie sewe hoofwedstryde is die WP as die “kampioen” gekroon.

So byna was die Kapenaars die topspan in al sewe toernooie. Die enigste uitsondering was die naelskraapse nederlaag van 24-26 van die o.13-span teen KwaZulu-Natal.Nie minder nie as 23 oorwinnings is behaal in die 25 wedstryde van die WP se agt spanne (met twee spanne in die o.18-Cravenweek) – meestal met weghol-tellings.

En bygesê een nederlaag was dié van die WP se o.18B-span se naelskraapse verloor van 34-36 teen die Blou Bulle se A-span. (Die Streeptruie se XV-tal – in werklikheid WP se D-span – by die Akademieweek is nie by hierdie statistiek in berekening gebring nie, aangesien hy teen ander bonde se B-spanne moes speel – maar het nogtans een van sy drie wedstryde gewen.)Afgesien van die hoë gehalte spelers waaroor die Kapenaars beskik, beskou Kervin Grove, die WP-skoleunie se voorsitter, twee verdere faktore as bydraend tot die bond se suksesvolle uitslae.

“Ons reeks proefwedstryde vooraf – waartydens alle skole, van groot tot klein, betrek word – getuig van ’n besondere standaard. Daarby beskik die WP in al die ouderdomsgroepe oor kwaliteit-afrigters,” sê Grove. 

Dan ook moet nie uit die oog verloor word nie dat die Streeptruie in sommige posisies geweldige diepte het. So byvoorbeeld was Kade Wolhuter (WP A) en Kian Meadon (WP B) die twee beste losskakels by die o.18-Cravenweek.

En so sterk was die WP se B-span dat hy byna ’n groot opskudding veroorsaak het in sy kragmeting teen die Blou Bulle se A-span wat volgens sommige beamptes gelukkig was om te wen. )

Die Boland en Suidwestelike Distrikte – wat nie naastenby oor die baie spelers van hul Kaapse buurman beskik nie – het nie vanjaar dieselfde welslae by die onderskeie toernooie behaal nie. Die SWD se sewe spanne was darem meer kere aan die wenkant as wat hulle in die stof gebyt het.

In 22 wedstryde het hulle 10 oorwinnings behaal en in drie gelykop gespeel. Veral die o.16-span het uitstekend vertoon en het in geeneen van die drie wedstryde pak gekry nie.Die Boland-ampsdraers het egter heelwat om oor na te dink.

In net 10 van hul 22 wedstryde is sukses geproe. Met die oog op die toekoms was die uitslae van veral die o.13-span miskien die kommerwekkendste. Hierdie kannetjies het in drie van hul vier wedstryde die wind van voor gekry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.