Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Jip
Zwarries wys kleurvolle gees

Die soektog na die Jakarandastad se laer- en hoërskool met die beste gees gaan voort. Vrydag was die span van Groot FM 90.5 en Metro-Beeld-Noord Skool met die beste gees-kompetisie by Hoërskool Zwartkop waar die gees deel van die skool se wese geword het.

Die Muzic Kids en Lee Scott almal met hul musiek vermaak. Laasgenoemde het ook gewys hy weet hoe om die flosdanspassies uit te voer.

Die Hoërskool Zwartkop het hope gees. Foto’s: Marthinus Koekemoer

Dit was moeilik om te bepaal of die leerlinge of die onderwysers die meeste gees het met almal wat vir die dag in kleurvolle uitrustings opgedaag het. Selfs die skoolhoof, Dewald Strydom, het met ’n kleurvolle hooftooisel met die Groot FM 90.5-omroeper Ruben Delmage gesels.

Ongelukkig kon Strydom nie al Delmage se algemenekennisvrae beantwoord nie, wat tot groot sports by die waterkanonpeleton gelei het.

Gelukkig was die onderwysers wat deurgeloop het dié keer behoorlik voorberei.

Die dag is moontlik gemaak deur die borge Mit-Mak Motors, USA Sports, MBT Petroleum en Laser Adventures.

Die personeel by die Hoërskool Zwartkop het net soveel gees as die leerlinge.
Die skoolhoof, Dewald Strydom, in gesprek met Ruben Delmage.
Voorbereidings was in plek vir die waterkanonpeleton.
Lee Scott, die gaskunstenaar, het die leerlinge en onderwysers vermaak.
Foto’s: Marthinus Koekemoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.