Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
5 vrae aan Flori en Koelsoem

Twee tannies van Bonteheuwel, Flori Schrikker (64, regs) en Koelsoem Kamalie (69), het groot opslae gemaak nadat hul kookboek, Kook saam Kaaps, onlangs deur die Gourmand wêreldkookboek-beoordelaars as die beste nasionale kookboek in die kategorie vir plaaslike cuisine aangewys is. Anika Marais het met hulle gesels.

Flori en Koelsoem. Foto: VIA

1. Wat beteken hierdie toekenning vir julle?

Koelsoem: Dit was ’n groot ervaring wat ek nie verwag het nie. Ek het nou nie gedink dít sal ooit kom nie. Iemand het eenmaal gesê: “Julle gaan nog worldwide gerecognise wees!” Maar ek het nie notice gevat nie.

Flori: Om die waarheid te sê, ek is nou nog in skok, ek het nooit gedink Kook saam Kaaps gaan so ver gaan nie.

Ons is baie bevoorreg en ons wil vir almal dankie sê – hierdie twee tannies van Bonteheuwel wat nou wêreldberoemd gaan word. Dis tog alles net deur die genade van die Here.

2. Hoe het julle lewe verander vandat julle eerste kookboek, Kook saam Kaaps, verskyn het?

Flori: My man wil nie meer saam met my in die pad loop nie, want elke tweede een stop my om ’n foto te neem. Of mense vra: “Waar is Koelie?” So asof ons twins is.

Maar mag ek maar sê? Dis so nice om te sien bruin mense kry ook nou ’n kans.

3. En julle is boonop nou televisiesterre met jul program, Flori en Koelsoem se kosse, wat verlede jaar op VIA verskyn het. Was dit snaaks om julself op die kassie te sien?

Flori: O yes!

Koelsoem: My man, Osman, sit nou al sommer die TV af as hy ons sien! “Ek’s al siek vir jou gesig,” sê hy.

Flori: Mense keer ons voor en vra oor ons sêgoed.

Koelsoem: Ja, ons praat mos net soos ons is en almal sê nou: “Bob’s your uncle!”

4. Die kookboek en die televisieprogram het vir mense ’n hele ander beeld van Bon teheuwel gee. Wat is die terugvoer wat julle van mense ontvang het?

Koelsoem: Ja, dit is mooi en exciting. Daar was net een persoon wat nie heeltemal so lekker is nie, wat toe vir my kom sê: “Julle kan nie koskook nie, julle het vergeet om uiwe in te gooi.”

Flori: Die mense was baie positief, ja. Ook ander mense, buite ons omgewing. Maar mense vra ons nou of ons gaan uittrek. Ons sê, nee, ons gaan nie trek nie!

En vir die jong mense wil ons hiermee sê: Die sky is die limit. As ons dit kan doen, hoekom nie julle nie? Julle moet nimmer dat julle position determine julle condition.

5. Met al die mediaverpligtinge wat julle deesdae het, hoe maak julle nog tyd vir kosmaak?

Koelsoem: Ons eet uit die cafés uit. My seun Rihaz kook so ’n bietjie, maar my dogter Gadija soek nou al haar eie kombuis!

Flori: Ons moet vir ons families. My man is nie ’n café-ou nie. Hy hou van sy rys en sy aartappels.

My twee dogters is ook bobaaskosmakers. Hulle is soos ek, kan nie min kos maak nie, dis hoekom hulle so vet is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.