Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Resep
Vanaand vir ete: Pannekoek met spinasie
Spinasie-oondpannekoek. Foto: Verskaf

Hier pronk die “groen-en-goud” van spek en spinasie in ’n Pfannkuchen met ’n Duitse oorsprong. 

Jy benodig

500 g baba-spinasieblare

4 groot eiers

250 ml melk 

250 ml koekmeel

growwe sout en varsgemaalde peper

’n stewige knypie varsgemaalde neutmuskaat

6 0 ml botter 

4 dik sprietuie, gesny

1 25 g ontbytspek, gesny

30 ml varsgerasperde parmesaankaas

Maak dan só:

1. Voorverhit die oond tot 230 °C. Kook die spinasie in ’n groot kastrol kokende gesoute water totdat dit verwelk, sowat 1 minuut lank. Plons in yswater, dreineer en druk soveel moontlik van die water uit en kap rofweg.

2. Meng die eiers, melk, 7,5 ml sout, ’n stewige mespunt peper en die neutmuskaat in ’n voedselverwerker tot glad.

3. Smelt die botter in ’n 30 cm-gietysterpan met oondvaste handvatsels, voeg spek en sprietuie by en braai sowat 3 minute. Voeg die spinasie by en kook ongeveer 1 minuut tot deurwarm. Geur na smaak met sout en peper. Kook nog ’n minuut sonder om te roer oor hoë hitte. 

4. Giet die beslag oor, besprinkel met parmesaan en plaas dadelik die pan in die oond. Bak 25 minute of tot goudbruin. Sny in skywe en dien warm op.

Wenk: Dit kan tot 4 uur vooruit gemaak word. Herverhit dit 5 minute in die pan in ’n oond van 230 °C.

* Errieda du Toit se kosblog kan by Huiskok.com besoek word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.