Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Alkoholverbod? G’n probleem – proe hier!

In die wêreld van alkoholvry is daar gereeld nuwe produkte en nou tydens die nuutste alkoholverbod, is dit weer van vooraf ’n besprekingspunt.

Hierdie produkte is egter vir meer as dit gewild, want nuwe leefstyle en mense wat weens gesondheidsredes nie drink nie, vind veral aanklank by die produkte. Met die enorme probleem van mense wat drink en bestuur, is dit ook wonderlik om drankies te kan geniet wat jou nooit oor die wettige limiet sal laat blaas nie.

Verskillende soorte alkoholvrye drankies en -wyn is onder die verbod beskikbaar en die meeste van hulle is in jou plaaslike winkels of groot supermarkte beskikbaar.

Alkoholvry (0%)

As jy onseker is watter alkoholvrye produk om te koop (veral vir iemand anders) is alkoholvry (0%) die beste opsie.

Dit kan soms ’n bietjie soeter wees as wyn met alkohol.

Nie-alkoholies (<0,5%)

Enige drank met 0,5% of minder alkohol kan as nie-alkoholies geklassifiseer word. Van die wyne kan dus geen alkohol bevat nie terwyl ander soveel as 0,5% bevat.

Die smaak van hierdie wyne is baie nader aan tradisionele wyne as alkoholvrye wyne.

Spier bied nou twee wyne as deel van hul gedealkoholiseerde aanbieding: ’n shiraz en chenin blanc.
Gedealkoholiseer (<0,5%)

Dit is van die algemeenste metodes onder wynmakers en dit val in die kategorie van onder 0,5% of minder alkohol. Twee metodes word gevolg.

Kelders hoef nie ’n ander spesiale wyn vir ’n gedealkoholiseerde reeks te hê nie, hulle gebruik hul gewone wyn en verwyder net die alkohol. Die alkohol word verwyder nadat die wyn gemaak is. Met spinkeël-tegnologie word die alkohol en aromas/geure uit die wyn verwyder, maar weer teruggeplaas nadat die alkohol verwyder is.

’n Ander proses is wanneer die wyn in ’n vakuum verwarm word totdat die alkohol verdamp en verwyder word. Dit is baie vinniger, maar die aromas verdwyn ook en dan smaak die wyn dikwels nie soos wyn nie.

Probeer gerus: Spier

Die Stellenbosse wynplaas Spier het ook vanjaar sy reeks uitgebrei om twee gedealkoholiseerde wyne in te sluit.

Die Spier De-alcoho­lised Chenin Blanc en De-alcoholised Shiraz bevat minder as 0,5% alkohol en word deur middel van die spinkeël-tegnologie gemaak.

  • Deur hierdie tegnologie te gebruik, behou die wyn van sy geure en aromas. Omdat die wyn deur fermentasie gaan, sal die gedealkoholiseerde wyne ook meer na wyn proe.Dit kos R75 vir die chenin blanc en R85 vir die shiraz en is beskikbaar by die plaas of jy kan dit by shop.spier.co.za bestel.

Geborg deur:

KWV Annabelle Cuvée Rosé

Annabelle Cuvée Rosé
Annabelle Cuvée Rosé

Die pas bekendgestelde nie-alkoholiese Annabelle Cuvée Rosé vonkelwyn bars behoorlik uit haar mooi nate. Daar is beslis geen grendel op die kenmerkende vurige en vonkelende persoonlikheid van die Annabelle handelsmerk in die nuutste bekendstelling nie.

Geen alkohol beteken beslis nie geen pret nie! Inteendeel, die nuweling is net so aanloklik, borrelend en reeds ’n treffer tussen liefhebbers van dié handelsmerk.

Met haar sagte pienk skynsel, maak die nie-alkoholiese Annabelle vonkelwyn ’n stylvolle impak. Net soos die Annabelle susterskap, gaan dit oor meer as net voorkoms, daar is soveel meer! Aarbei geure, bessies en spookasem terg jou pallet, terwyl vonkelborrels liggies dans. Elke slukkie sensasioneel, gebalanseerd en vars.

Die ideale g(l)as by babatees, kombuistees, Sondagmiddag sushi of selfs ’n luukse laatoggend ontbyt, of borrelend op haar eie.

Annabelle nie-alkoholiese vonkelwyn is beskikbaar aanlyn by kwvemporium.co.za/shop en vooraanstaande groothandelaars.

Van Loveren Almost Zero Red

’n Lekker glas glühwein is net die ding om die winterkoue mee te verdryf. Gebruik gerus Van Loveren se Almost Zero Radiant Red. Foto:

Al is daar tans ’n drankverbod, hoef jy nie droog en verveeld by die huis te sit nie, want Van Loveren bied ’n alkoholvrye rooi- en witwyn, rosé en vonkelwyn.

Maak vir jou ’n kastrol glühwein met die Almost Zero Radiant Red om jou warm te hou.

Bestanddele

. 250 ml water

. 100 g suiker (200 g suiker as jy iets meer soets verkies)

. 1 heel kaneelstokkie

. 10 naeltjies

. 2 lemoene

. 1 bottel Almost Zero Radiant Red

Maak só

Kombineer die suiker en water in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en draai dan die hitte laag.

Voeg die kaneelstokkie by.

Druk die sap van die twee lemoene uit en gooi in die kastrol.

Druk die naeltjies in die lemoenskil en voeg by die mengsel.

Prut stadig tot ’n dik stroop vir ongeveer 15 minute

Voeg die bottel Almost Zero Radiant Red by en bring dit tot net onder kookpunt.

Giet deur ’n fyn sif en geniet!

Vir meer inligting of om jou bestelling vir die Almost Zero-wyne te plaas, besoek gerus www.vanloveren.co.za/almost-zero

Brew Kombucha

Met al daardie voordelige probiotika om jou ingewande gesond te hou, is Brew Kombucha die perfekte alkoholvrye alternatief vir gesondheidsbewuste Suid-Afrikaners.

Waar dit voorheen die vreemde drankie was wat jou hipster-vriende in hul vryetyd gebrou het om dit saam met hul tuisgemaakte krulkooltjips te eet, het hierdie gefermenteerde drankie nou die hoofstroom getref danksy sy kragkos-eienskappe en heerlike, bruisende smaak.

Brew Kombucha, wat deur die plaaslike Afrika-flora geïnspireer is, bied ’n reeks smaaklike en kontemporêre geure, soos Buchu Babe, African Rose en Original Rooibos.

’n Yskoue bottel Brew pas perfek by enige geleentheid, so geniet dit by ’n verjaardag-noenontbyt of Sondagmiddag-fees – sonder om jou oor ‘’n Maandagoggend-babelas te kwel.

Brew Kombucha is by uitgesoekte winkels landwyd beskikbaar, asook by Wellness Warehouse, Spar en Food Lovers’ Market.

Jy kan ook aanlyn by brewkombucha.co.za bestel om afgelewer te word. Gebruik die kode NOBABALASBREW by die betaalpunt en kry 20%-afslag op jou bestelling (geldig tot 20 Augustus 2021).

Kontak 021 685 0846 of hello@brewkombucha.co.za of besoek hul sosiale media (@brewkombucha) vir meer besonderhede.

The Duchess

The Duchess
Probeer gerus The Duchess se verfrissende Spritzer Berry Rosé, Botanical en Floral.

The Duchess vervaardig ’n reeks verfrissende alkoholvrye drankies vir enige geleentheid.

Met hulle slagspreuk “Verfris jou denke”, wat nou meer as ooit van toepassing is, wil The Duchess verbruikers aanmoedig om anders te kyk na hoe jy drink en verbruik om ’n gelukkiger, gesonder weergawe van jouself te wees en die veranderinge en uitdagings in die wêreld om jou aan te pak.

Die innoverende handelsmerk bestaan uit ’n reeks 0.0%-gin en tonic asook alkoholvrye wyn­spritzers.

Die alkoholvrye jenewerdrankies is beskikbaar in Botanical-, Floral- en Greenery-geure.

The Duchess het dié geure sorgsaam geskep om die egte gin en tonic-smaak perfek te komplimenteer.

The Duchess se nuutste aanbieding, The Duchess Spritzer – ’n 0%-wynspritzer – is beskikbaar in twee geure, naamlik Spritzer Berry Rosé en Spritzer El­derflower White.

Die Berry Rosé Spritzer is lig en propvol rosé-geure met ’n verfrissende “byt” wat heerlik gekomplimenteer word deur die soetigheid van die acai-bessie.

Spritzer Elderflower White, gemaak van uitgesoekte chardonnay, is vars en sprankelend met ondertone van vlierblom (elderflower) wat die fris suurheid ewenaar. The Duchess se hele reeks drankies is aanlyn vanaf Takealot.com en Yuppiechef beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.