Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Banting:
Banting is nie net vir rykes

Die banting-dieet is nie eksklusief vir rykes nie. Die kookboek ‘Banting 7 Day Meal Plans’ wys hoe om dié dieet op ’n begroting te volg.

Banting 7 day meal plan word uitgegee deur Quivertree Publications en kos sowat R260. Foto:

Toe Rita Venter in Augustus 2014 die Facebook-groep “Banting 7 Day Meal Plans” begin het, het sy nooit kon glo dit sou begin 2020 meer as 2 miljoen lede hê nie. Ook nie dat sy en haar mede-bestuurders van die groep, Natalie Lawson en Kim Blom, ’n gelyknamige kookboek op die rakke sou hê nie.

Haar doelwit was om die banting-leefstyl toeganklik te maak vir álmal. Sy het dit gedoen deur gratis eetplanne, porsiegroottes en raad te deel, en die lede van die groep het mekaar gou op ’n positiewe manier begin ondersteun.

Suksesverhale vertel natuurlik van gewigsverlies, maar ook van sinusprobleme wat verdwyn het, mense wat ophou snork het en selfs ná jare se gesukkel kon swanger word.

Banting 7 Day Meal Plans gee vir jou al die antwoorde op die vrae wat jy oor banting het. Boonop wys dit jou hoe om die dieet op ’n begroting te volg en steeds heerlik te eet.

Banting 7 Day Meal Plans
Banting 7 Dag Maaltye
Natalie se hoender à la king

Hoender à la king.Foto:

1 e botter (of Holsum, want dis goedkoper)

200 g soetrissies, in repe gesny

1 groen brandrissie, opgekap

100 g sampioene

400 g hoenderfilet, opgesny

1 e uiepoeier

1 e paprika

sout na smaak

1 koppie room

2 e roomkaas

’n knippie semels (psyllium husk)

babakruie

Smelt die botter en braai die soetrissie, brandrissie en sampioene.

Voeg die hoender by en braai tot gaar.

Voeg die speserye, sout, room en roomkaas by. Kook totdat dit verminder.

Voeg semels by tot die sous verdik.

Bedien met babakruie.

Eier-rolletjies

Die boek word uitgegee deur Quivertree Publications en kos sowat R260.

1 e olie van jou keuse

2 eiers

kruie na smaak

vulsel van jou keuse, soos gerasperde kaas, repies soetrissie of tamatie

Verhit die olie in ’n pan. Meng die eiers met ’n vurk en gooi in die pan.

Geur met die kruie van jou keuse en laat bak vir ’n minuut oor matige hitte. Draai die omelet om en braai vir nog sowat ’n minuut.

Gooi die vulsel van jou keuse oor en rol die omelet op.

Sjokolade-bruintjies

Gelukkig is soetgoed nie heeltemal taboe nie. Tem jou soettand met hierdie resep.

Sjokolade bruintjies. Foto:

225 g donker sjokolade

225 g botter

2 t vanielje-ekstrak

200 g xilitol

3 groot eiers

150 g fyngekapte amandels

100 g gekapte pekanneute

Voorverhit die oond tot 170°C.

Smelt die sjokolade en botter In ’n swaarboomkastrol oor lae hitte.

Haal die pot van die hitte af en meng die xilitol en vanielje by.

Laat die mengsel effe afkoel vir sowat vyf minute, voordat jy eiers bymeng (as dit te warm is, sal die eiers drade maak). Meng die neute by.

Gooi in ’n gesmeerde bak (24 cm x 24 cm) en bak vir 35 minute.

Haal uit die oond en sny in blokkies.

Bedien met geklopte room en vars aarbeie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.