Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Barron van ‘eNuus’ skryf sy eksperiment in

Barron Hufkie is nie net gemaklik voor die televisiekameras en agter radio-mikrofone nie, maar ook agter die kospotte.

Barron Hufkie met sy “geurige varkmaag-en-brandrissie-noedels”.

Dié eNuus-nuusleser vertel dat een van sy tannies met ’n Chinese man getroud is en dat hy by dié paartjie blootgestel is aan die geure van Chinese kos.

“Van die eerste happie af was ek verlief op die geure. Ek het toe gereeld by hulle in die kombuis gekuier en dan by die huis gaan eksperimenteer,” sê Hufkie.

Dit is juis die eksperimentering wat gelei het tot sy “geurige varkmaag en brandrissie-noedels” – ’n resep wat Hufkie ingeskryf het vir Beeld se kookboek-kompetisie. “Ek het al daardie kennis, asook nuwe truuks wat ek geleer het en van my gunsteling-bestanddele bymekaar gegooi om hierdie dis aanmekaar te sit.”

Dis ’n lang lys van gunstelinge wat Hufkie se wenresep gebruik word: Varkmaag, noedels, uie, gedroogte tamaties in olie, groen­ui, Chinese speserye, brandrissies, bruin suiker, lemmetjies, gaskoeldrank, water, grondboontjie- en sesamolie, sojasous, gemmer, boontjiespruite en kasjoeneute.

Oor sy herinneringe aan die einste resep is Hufkie ietwat geheimsinnig.

Dié gereg is geurig en gaan perfek saam met ’n glas shiraz.? ?

“Indien jy ’n metgesel met ’n maklike en geurige dis wil beïndruk, is hierdie die perfekte een.

“Bedien dit met ’n glas shiraz en jy het ’n wenner. Glo my, dit werk...”

As jy, net soos Hufkie, resepte het “wat werk”, in enige opsig, skryf dit in vir Beeld se kookboekkompetisie.

Daar is kontantpryse en jou eie plekkie in die kookboek, Komkommertyd, op die spel.

Stuur jou resepte, staaltjies, stories en herinneringe aan die resepte en ’n aksiefoto van jou in die kombuis na kompetisie@beeld.com. Doen dit voor 1 Julie 2020.

Die tien kategorieë asook die volledige bepalings en voorwaardes is op Beeld se Facebook-blad.

Meer oor:  Barron Hufkie  |  Enuus-Lesers  |  Kookboek-Kompetisie  |  Inperking  |  Beeld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.