Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Bederf jouself op dié ekstra dag

Vandag is ’n spesiale dag wat net elke vierde jaar ’n draai maak – skrikkeldag. Wêreldwyd is daar allerlei snaakse bygelowe en tradisies wat hand aan hand gaan met 29 Februarie.

Karla Janse van Vuuren

In lande soos Ierland, Denemarke en Finland word liefdesrolle omgeruil en mag jong meisies die jawoord vra van hul geliefdes.

Daar is ook negatiewe betekenisse aan dié datum – in Griekeland is daar ’n bygeloof dat ’n huwelik wat in ’n skrikkeljaar plaasvind in die skeihof sal eindig, en in Skotland word geglo dat iemand wat op 29 Februarie gebore is, ’n ongelukkige lewe sal lei.

As jou verjaarsdag wel op dié datum val (daar is sowat vier miljoen mense wêreldwyd), gee dit jou die reg om te behoort aan die eksklusiewe “Honour Society of Leap Year Day Babies”. Voordele van lidmaatskap hieraan is vaag, behalwe dat dit ’n mens ekstra spesiaal laat voel. As iemand wat dit net-net mis geloop het om op 29 Februarie te verjaar – ek is op 1 Maart gebore in ’n skrikkeljaar – sou ek dit nogal geniet het om te kon spog met hierdie verjaarsdag!

Ek het natuurlik ook gaan navorsing doen oor kostradisies vir ’n skrikkeldag, en een wat uitstaan, is dat dié dag glo die geleentheid bied om te smul aan dinge wat jy gewoonlik “nee” voor sou sê. Die idee is dat die dag net elke vierde jaar verbykom, so hoekom nie ’n bietjie oorboord gaan nie? Begin jou dag sommer met koek en ’n glasie vonkelwyn, en smul aan bederfies soos gerookte salm en kaviaar, as dít in jou smaak val.

Omdat dit ’n ekstra dag is, mag jy ook ’n ekstra maaltyd byvoeg – ’n middernagtelike peuselhappie! Ek deel vandag ’n idee vir ’n happie wat enige honger kol sal hokslaan – mini-hamburgers (sliders) met spek en kaas en afgerond met ’n geurige knoffelbotter.

Dit kan ook as ’n maklike ligte maaltyd voorgesit word saam met ’n groenslaai.

Geniet vanjaar se ekstra dag, en as jy vandag verjaar, baie geluk!

  • Bronne: lonelyplanet.com; tastingtable.com; stuff.co.nz; maggiejs.ca
Meer oor:  Karla Janse Van Vuuren  |  Kos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.