Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
BELEEF: Hoenderpastei vir Moedersdag

Errieda du Toit is die inhoudsvervaardiger van Koekedoor, Koekedoortjie en Kokkedoor, wat later vanjaar weer op kyk­NET wys. Ter herinnering aan haar ma, Inez, deel sy ’n gunsteling-resep.

Errieda sê: “Ek deel hierdie resep uit my nuwe kookboek, Saam, my ode aan gemeenskapskookboekies, wat later vanjaar verskyn. Die resep is aangepas uit die kerkboekie Bak en verras, wat in 1967 deur die NG kerk Kloofsig se Vrouehulpdiens uitgegee is. Al kan jy winkel-skilferkors gebruik, verdien jou ma iets handgemaak, soos hierdie oor en oor getoetste resep vir ’n heerlike suurroomkors. Onthou net om die suurroomdeeg die vorige aand al te maak.”

Foto: Ian du Toit vir SAAM, Penguin Random House

Ma Inez se hoenderpastei

Die vulsel

1 hoender, in porsies gesny

1 ui, fyn gesny

500 ml hoenderaftreksel

125 ml witwyn (opsioneel)

foelie na smaak

4 wonderpeperkorrels

12 peperkorrels

4 kruienaeltjies

30 ml vermicelli (of verdubbel die sago)

15 ml sago

30 ml botter

1 eiergeel

sap van 1 suurlemoen

3 skyfies ham, in blokkies gesny

2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny

eiergeel, geklits met ’n bietjie melk vir oorsmeer

Plaas die hoender, ui, aftreksel en wyn, indien gebruik, in ’n kastrol. Bind die kruie in ’n stukkie moeselien toe en voeg by die hoender. Sit die deksel op en kook totdat die hoender gaar is en die vleis maklik van die bene loskom. Skep die vleis uit, verwyder die bene en hou eenkant. Verwyder die kruiesakkie.

Voeg die vermicelli en sago by die aftreksel in die kastrol en roer oor lae hitte totdat die sago deurskynend is. Voeg die botter, eiergeel, suurlemoensap, ham en hoendervleis by. Geur na smaak.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Skep die vleismengsel in ’n pasteibak van 28 x 20 x 5 cm en pak die eierskyfies bo-op. Bedek die pastei met ’n skilfer- of suurroomkors. Smeer die deeg met die eier-en-melkmengsel en bak 25–30 minute tot die deeg uitgepof en goudbruin is.

Die suurroomkors

230 g koue botter of margarien, gerasper

250 ml suurroom

240 g koekmeel

knippie sout

5 ml bakpoeier

Meng die botter en suurroom in ’n mengbak. Voeg die meel, bakpoeier en sout by en meng goed. Plaas die deeg in ’n plastieksak en laat oornag in die yskas staan.

Rol die deeg dun uit en gebruik soos nodig.

  • Kokkedoor is in Julie terug op DStv-kanaal 144.
Meer oor:  Errieda Du Toit  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.