Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Belinda se grendel-vuurput

Besinning oor kultuurerfenis in die grendeltyd het baie Suid-Afrikaners se talent vir bak en brou en selfs doen-dit-self (DDS) na vore gebring. Belinda Jackson deel háár DDS-poging.

Een van die belangrike kultuurskatte van my Eerste Nasie-mense is die samekoms om die kampvuur. Dis daar waar veldslagte van heldefigure oorvertel is en waar die kinders lewenslesse kon opdoen deur saam te sing, na stories te sit en luister, saam te dans en saam te lag.

Tydens ’n onlangse besoek aan my tuisdorp toe ons weer interprovinsiaal kon begin reis, was die gesellige tye om die vuurput in die gastehuis se tuin ’n absolute hoogtepunt.

Terug by die huis het ek besluit: Ek gaan my eie vuurput bou! Vir iemand na aan aftrede wil dit nogal gedoen wees, en vir minder as R1 000, nogal!

Met ’n bietjie navorsing op die internet kon ek al die benodigdhede by Jack Hammer’s in Kaapstad opspoor en binne my begroting bly!

Benodigdhede:

  • 17 Rockface-keerblokke (38 cm x 32 cm x 22 cm)
  • 2 sakke sand van 40 kg elk
  • 2 sakke klip

Versiering:

  • 40 gebruikte of nuwe stene
  • 6 sakke klippies vir versiering
  • 10 m onkruidmat
  • 1 sak sand
  • Ander bykomstighede en plante

Wenke:

Hier’s ’n paar wenke wat dinge sal vergemaklik.

  • Beplan jou ontwerp deeglik voordat jy sommer net wegspring.
  • Gee jouself baie tyd. Die spitwerk is lekker oefening as jy nie alles op een slag wil klaarkry nie. Twee weke (my tydsduur) is hopeloos te min tyd!
  • Maak seker jy het al jou benodigdhede voordat jy wegspring (ek moes drie keer hardewarewinkel toe!).
  • Hou dit eenvoudig; soek vir ou stene en sand op jou erf wat jy dalk kan hergebruik voordat jy die winkels invaar.
Trek ’n sirkel van sowat 150 cm in deursnee op die plek in jou tuin waar jy die vuurput wil vestig (3 m tot 6 m van geboue af), spit ’n 5 cm-diepte van die grond uit met ’n tuingraaf en hou eenkant vir versiering. Foto: Belinda Jackson
Stamp die grond in die sirkel effe vas met ’n stamper of doen die “Jerusalema”-vasstrap! Maak seker die grondoppervlak is gelyk. Foto: Belinda Jackson
Laat die afleweraars jou help om die keerblokke in die sirkel te pak, in twee lae. Versprei die sand eweredig op die sirkel se oppervlak (binne die blokke). Strooi die klip bo-oor. Voeg lawa-klip bo-op (opsioneel en nogal duur) of gebruik ’n metaalbak waarop jy die vuur aan die brand steek. Foto: Belinda Jackson
Trek ’n sirkel rondom jou vuurput (sowat 100 cm van die put af). Foto: Belinda Jackson
Lê die stene een vir een al langs die buitekant van die sirkel. Verwyder ’n halwe steen se diepte van die grond waar jy die stene gaan plaas. Foto: Belinda Jackson
Verdeel die onkruidmat in eweredige stukke en bedek die sirkel se oppervlak daarmee (gebruik stene om die stukke in plek te hou. Die mat keer dat onkruid deur die klippies sal groei). Versprei sierklippies regoor die stukke onkruidmat met ’n hark. Foto: Belinda Jackson
Vul die gate van die vuurput op met los klippe, die tuingrond, sand en sierklippies. Versier verder met tuinmeubels en plante. Geniet jou vuurput op Erfenisdag! Foto: Belinda Jackson
Reg vir kuier en erfenisstories! Foto: Belinda Jackson


Meer oor:  Erfenisdag  |  Erfenis  |  Braaidag2020  |  Vuur  |  Braaidag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.