Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Besoekplekke in die Boland

Kuier in Franschhoek

By La Petite Dauphine gaan dit oor verstommende natuurskoon, luukse gemak en absolute gerieflikheid.

Hier kan jy ontsnap uit die stede­like oerwoud se geraas en gejaag en besoek aflê vir ’n uitstekende lande­like wegbreek waar pruimboorde langs plaaspaaie en wingerde oorvloedige oeste lewer.

Daar is nege eenhede om van te kies – almal ewe pragtig en uniek versier deur die binnenshuise ontwerper. Al die eenhede is en suite met uitsigte oor damme, sonnige boorde, wingerde en die Franschhoekberge.

Hier ervaar jy die ware wese van Franschhoek.Besprekings: reservations@la­petite.co.za of 021 876 3936

Wyn in die Paarl

Laborie spog met ’n reeks bekroonde wyne, wat dessertwyn en Cap Clas­sique insluit – so jy kan kies en keur.

Hul wynmaakpraktyk stel die wynmaker in staat om wyne van top­gehalte met Franse elegansie en styl te produseer. Besoekers aan die landgoed kan daarna uitsien om die vol­ledige Laborie-reeks wyne te proe.

Vir die fynproewer is daar ’n kaaskoek met Cap Classique-pasmaats om te geniet.

Geleë in die historiese Bolandse dorp Paarl, slegs 60 km vanaf Kaapstad, is Laborie net die bestemming vir die hele gesin.

Laborie is Maandae tot Saterdae van 09:00 tot 16:30 oop, en Sondae van 10:00 tot 15:00.Jou kontak: info@kwvemporium.co.za, 021 807 3007/9 of besoek www.kwvwinemporium.co.za.

Neem die hele gesin na Laborie vir ’n besoek aan die Boland.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.