Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Beste restaurant in SA weer in Kaapstad

Kapenaars kan nou by die beste restaurant in Suid-Afrika vir ’n fynproewersmaal aansit.

La Colombe het ’n foto van een van hul geregte op Instagram gedeel. Foto: Instagram/ La Colombe

Die La Colombe-restaurant in Constantia is Sondagaand as die wenner van die 2019 Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse in die GrandWest-casino aangewys.

La Colombe, wat hulself as een van Suid-Afrika se “mees ikoniese restaurante” beskryf, is op die Constantia-Uitsig-wynlandgoed begin, maar het na die Silvermist Organic-wynlandgoed naby Constantianek verskuif.

Dit het ’n pragtige uitsig van die Constantia-wynlandgoed, Valsbaai en Houtbaai.

Scot Kirton, een van die sjefs, sê hy is trots op wat die span vermag het en James Gaag, hoofsjef, is net so in sy noppies en sê sy span het hom op sy tone gehou.

“Dit was ’n inspirerende reis. Ons droom al hiervan sedert ons vyf jaar gelede hierheen verskuif het. Nou begin die harde werk,” sê Kirton.

Die tien toprestaurante is:

1. La Colombe;

2. The Test Kitchen in Woodstock;

3. The Restaurant at Waterkloof in Somerset-Wes;

4. Wolfgat in Paternoster;

5. FYN in die Kaapse middestad;

6. La Petite Colombe in Franschhoek;

7. Eike in Stellenbosch;

8. Salsify in Kampsbaai;

9. Restaurant Mosaic at The Orient in Pretoria; en

10. Chefs Warehouse at Beau Constantia in Constantia.

La Colombe het verlede jaar die derde plek beklee, terwyl The Restaurant at Waterkloof eerste was.

Die Wolfgat-restaurant wat die vierde plek beklee, is in Februarie in Frankryk as die restaurant van die jaar aangewys. Dit is ook aangewys as die beste restaurant wat nie op die hoofroetes geleë is nie, maar ’n besoek werd is.

The Test Kitchen was verlede jaar ook in die tweede plek.

Die pryse is deur ’n paneel toegeken.

Die toekennings is deur die International Management Group (IMG), ’n internasionale bestuursmaatskappy, begin om die “diversiteit van restaurante oor die wêreld heen” te vier. Die Eat Out-pryse word reeds sedert 1998 toegeken.

Meer oor:  La Colombe  |  Kaapstad  |  Restaurant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.