Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Beste wyn by Decanter kom van SA

’n Chardonnay van Rustenberg in Stellenbosch is vanjaar op die Decanter-wêreldwynpryse-geleentheid as die beste wyn van die skou.

Nie net het die Five Soldiers Chardonnay 2018 ’n stewige 97 punte verower nie, maar dit het ook alle wyne van ander lande uitgestof om as die beste een bekroon te word.

Suid-Afrikaanse wyne het vanjaar in die algemeen baie goed gevaar met vier platinum- en 21 goue medaljes – ’n verbetering op 2018 en 2019 se uitslae.

Wat ook merkwaardig is, is die Survivor Reserve Pinotage 2017, wat met 94 punte die beste pinotage op die skou was.

Hier is vanjaar se groot wenners:

Platinum

  • Rustenberg Five Soldiers Chardonnay 2018 (97) (beste wyn op skou)
  • Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2018 (97)
  • Journey’s End Cape Doctor The Red 2015 (97)
  • Klein Constantia Vin de Constance 2016 (97)
  • Paul Cluver Seven Flags Chardonnay 2018 (97)

Goud

  • Alto Shiraz 2017 (95)
  • Babylonstoren Shiraz 2018 (96)
  • Bartinney Skyfall Cabernet Sauvignon 2015 (96)
  • Boschendal Reserve Collection Vin d’Or 2017 (95)
  • Cederberg Cabernet Sauvignon 2017 (95)
  • Cederberg Nieuwoudt Five Generations Cabernet Sauvignon 2017 (96)
  • Cederberg Waitrose and Partners No. 1 2018 (95)
  • Constantia Uitsig Sémillon 2018 (95)
  • De Grendel Shiraz 2017 (96)
  • De Wetshof Estate Bateleur Chardonnay 2017 (95)
  • Delaire Graff Botmaskop 2017 (95)
  • Delaire Graff White Reserve 2017 (95)
  • Durbanville Hills Cape Honey Bee Noble Late Harvest 2018 (95)
  • Glen Carlou Gravel Quarry Single Vineyard Cabernet Sauvignon 2017 (96)
  • Kleine Zalze Family Reserve Cabernet Sauvignon 2016 (96)
  • KWV Roodeberg “1949” 2017 (96)
  • KWV The Mentors Chenin Blanc 2018 (96)
  • Leeuwenkuil Heritage 2017 (95)
  • Meinert The Graduate Syrah 2017 (95)
  • Mt. Vernon Deborah’s Selection Cabernet Sauvignon 2015 (95)
  • Nederburg The Winemasters Noble Late Harvest 2018 (95)
  • Neil Ellis Whitehall Chardonnay 2018 (95)
  • Peter Falke Signature Kailani 2017 (96)
  • Rhebokskloof Black Marble Hill 2017 (95)
  • Rustenberg John X Merriman 2017 (95)
  • Rustenberg Peter Barlow Cabernet Sauvignon 2017 (95)
  • Saronsberg Cellar Full Circle 2018 (95)
  • Saxenburg Select Shiraz 2015 (95)
  • Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2019 (95)
  • Strandveld Vineyards The Navigator 2017 (95)
  • Uva Mira Mountain Vineyards Chardonnay 2018 (95)
Meer oor:  Chardonnay  |  Kompetisie  |  Wenner  |  Wyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.