Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Blaps met wyne laat eienaar van restaurant sweet

“Ek het gedink dit is nie ’n Mouton Rothschild nie.” Of het hy regtig?

’n Restauranteienaar in New York, Keith McNally, gee nie om om te praat oor die klein deurmekaarspul een aand by sy restaurant, Balthazar, toe die duurste bottel wyn en een van die goedkoopste bottels wyne op die spyskaart omgeruil is nie.

McNally sê vier Wall Street-sakemanne het ’n tyd gelede ingekom en die gasheer gevra vir die duurste wyn op die spyskaart. Dit was ’n bottel Chateau Mouton Rothschild teen ’n prys van $2 000 (sowat R32 400). ’n Kelner het die wyn in ’n karaf gegooi.

Terselfdertyd het ’n jong paartjie ’n pinot noir bestel teen $18 (R291) en gevra dit moet in ’n karaf bedien word. In dié geval was dit die goedkoopste wyn op Balthazar se wynlys.

So ’n paar minute later het McNally ’n oproep gekry van die restaurant af. Hy was by die huis. Dit is ’n krisis waarvoor hy maar liewer self moet inkom.

Volgens die kelner het die sakeman wat die duur wyn bestel het sy kennis van wyn aan sy gaste getoon, die goedkoop wyn geproe en dit geprys vir die suiwer gehalte daarvan.

Die paartjie wat die goedkoop wyn bestel het, het heerlik begin drink aan hul “goedkoop” wyn.

McNally vertel op Instagram dat hy eers gewonder het hoe om die dilemma op te los. Dit is te laat om die wyn om te ruil en hulle kan tog nie die duur wyn by die paartjie wegvat nie?

Eerlikheid was al wat oorgebly het, die waarheid moes uit.

“Ek het gedink dit is nie ’n Mouton Rothschild nie,” was glo die antwoord van die sakeman toe hy ingelig is oor die fout wat gemaak is.

McNally sê die jong paartjie was baie in hul skik. Al die gaste is die aand in ’n opgeruimde bui huis toe.

Die groot probleem, volgens McNally, was dat hy ’n tweede bottel van die duurste wyn op sy wynlys moes oopmaak vir die sakemanne, en hy moes self daarvoor betaal.

View this post on Instagram

One night at Balthazar four Wall Street businessmen ordered the restaurant's most expensive red wine: a $2000 bottle of Chateau Mouton Rothschild. One of the two managers transferred the Bordeaux into a decanter at a waiter's station. Simultaneously, a young couple ordered the restaurant's cheapest red wine, a $18 Pinot Noir, which they wanted pouring into a decanter. These two very different wines were now in identical decanters. Mistaking the $18 decanted wine for the $2000 Rothschild, the first manager formally poured the cheap wine to the businessmen. According to the manager, the host considered himself a wine connoisseur, and showing off to his guests, tasted the cheap wine before bursting into raptures about its 'purity'. The young couple who ordered the $18 Pinot Noir were inadvertently served the $2000 Chateau Mouton Rothschild. On taking their first sips of what they believed was cheap wine, they jokingly pretended to be drinking an expensive wine and parodied all the mannerisms of a wine snob. Five minutes later the two managers discovered their error and, horrified, phoned me at home. I rushed to Balthazar. The businessmen's celebratory mood was clearly enhanced by the wine they had mistakenly thought was the restaurant's most expensive. This put me in a dilemma: whether to come clean and admit the manager's mistake, or allow him to continue drinking the cheap wine in blissful ignorance. Taking the latter route would certainly be the easiest. Also the cheapest. It was unthinkable at this point to pull the real Bordeaux from the young couple's table. Besides, they were having too much fun acting out drinking a $2000 bottle of wine. I decided to veer from my normal behaviour, and tell both parties the truth. The Wall St. businessman responded by saying, "I THOUGHT that wasn't a Mouton Rothschild!" The others at the table nodded their heads in servile agreement. The young couple were ecstatic by the restaurant's mistake, and told me it was like the bank making an error in their favour. The trouble was, it was me who was down $2000, not the bank. Both parties left Balthazar happy that night, but the younger of the two left happier.

A post shared by Keith McNally (@keithmcnallynyc) on


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.