Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Danksy beter oes is daar hoop vir die wynbedryf

Hoewel die druiweoes vanjaar beter lyk as dié van verlede jaar, is dit steeds minder as die afgelope vyf jaar se gemiddelde.

Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se konsultasiediens, sê daar sal vanjaar ’n beter druiweoes wees. Foto: VERSKAF

Só het Conrad Schutte, bestuurder van Vinpro se konsultasiediens, gesê op die 15de Nedbank Vinpro-inligtingsdag wat verlede Donderdag in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou is.

Met parstyd wat ongeveer ’n week vroeër as gewoonlik begin het, meen hy dat druiweboere en wynmakers meer tyd in die wingerd moet bestee en om monsters van die druiwe te neem.

“Dit is baie belangrik vanjaar, want die wingerdblokke verskil vanjaar meer van mekaar. Verwag die omkeer van blokvolg­ordes en druifinname sal oorvleuel. Wees voorbereid in die kelder en bestuur jou mense se emosies, want hulle gaan onder druk wees,” sê Schutte.

Wynbedryf steeds aan ’t groei

Rico Basson, Vinpro-bestuurshoof, sê die wynbedryf is steeds een landboubedryf waarin jy kan belê ondanks wynproduksie se afname weens die droogte.

“Die wynbedryf is een van die min bedrywe wat tans belegging regverdig danksy goeie gehalte produkte en herposisionering wat aan die gebeur is,” sê hy.

Ná ’n groot afname in die aanplanting van wingerd in veral 2017 en 2018, is in 2019 meer wingerd aangeplant en word geraam dat nóg meer vanjaar aangeplant sal word.

Volgens Basson sal die geraamde 4 000 ha wat vanjaar aangeplant word, meestal chenin blanc wees, met sauvignon blanc, colombar, chardonnay en pinotage wat sal volg.

“Die droogte het ’n impak gehad op die wyn, met Suid-Afrikaanse wynproduksie wat met 12% gedaal het.” Weens dié afname was daar minder wyn om te verkoop en is die pryse van wyn verhoog.

Basson sê dit sal nog geruime tyd neem vir sekere streke om ná die droogte te herstel.

Brandon de Kock van die verbruikersinsig-agentskap Whyfive het by die inligtingsdag dié statistieke oor plaaslike wyndrinkers gedeel:

  • 75% van volwassenes in Suid-Afrika drink alkohol;
  • 45% van dié wat alkohol drink, verkies wyn;
  • vroue drink meer wyn as mans;
  • merlot is die rooiwyn wat Suid-Afrikaners die meeste drink;
  • en “nuwe” wyndrinkers begin met cabernet sauvignon en chardonnay.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.