Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
De Krans: Kenners van portstyl-wyne

Die Klein-Karoo en veral Calitzdorp is sinoniem met soetwyne en Portugese druifsoorte en jy is gewaarborg dat ’n wyn uit dié streek van topgehalte sal wees.
Foto: Tegan Smith Photography

Een van die kelders hier is veral ’n kenner van en spog met ’n reeks portstyl- en gefortifiseerde wyne.

Die Nel-familie van De Krans het 48 jaar gelede reeds die eerste Portugese druifsoorte op die plaas aangeplant en bestee al bykans ’n halfeeu daaraan om die kuns van portstyl-wyne te vervolmaak – iets wat hulle beslis onder die knie het.

Danksy die ooreenkomste in terroir tussen die Klein-Karoo en die Douro-vallei in Portugal floreer die Portugese wingerde in die gebied en die wyne word gereeld bekroon.

Danksy dié wingerde en die kundigheid van die span staan De Krans vandag bekend as een van die voorste portstyl-wynprodusente in die land.

De Krans het onder meer die De Krans Premium Cape Ruby (R95), wat in tradisionele portstyl gemaak is en sy naam kry van sy helder robynkleur.

Dit is ’n wyn wat jy net so kan geniet, maar wat ook gevoeg kan word by potjiekos of enige vleisgereg in ’n prutpot.

Die De Krans Cape Vin­tage (R125) is ’n treffer op sy eie saam met nagereg of kaas. Dit is diep persrooi met ’n intense smaak.

Volgens De Krans is die mees unieke wyn in sy portefeulje beslis die Cape Tawny Limited Release (R259) met sy koperbruin kleur. Dit is ’n goeie alternatief vir sjerrie en is op sy beste as dit ’n bietjie verkoel word.

Dan is daar natuurlik die vlagskip, die Cape Vintage Reserve (R375).

Hiervoor word die beste druiwe gebruik en die eindproduk is ’n aromatiese wyn met bessies, kersies, pruime en donkersjokoladegeure.

’n Goeie geskenk wat op sy eie voor die kaggelvuur geniet moet word.

Verder is daar die unieke De Krans Original Cape Pink (R95), wat in 2008 as die eerste pienk portstyl-wyn in Suid-Afrika bekend gestel is.

Lekker op sy eie of selfs saam met sodawater of limonade en kruisementblare. Jy kan dit ook meng met gemmerbier, bitterwyn (bitters) en ’n skeut jenewer om ’n mengeldrankie te maak.

Laaste, maar nie die minste nie, is daar die De Krans Original Espresso (R95) met sy koffiegeure – ’n nagereg op sy eie en veral ideaal in die plek van koffie ná ete.

Dit is nie ’n portstyl-wyn nie, maar is saam met die Muscat Blanc onder die De Krans-dessertwyne.

Twee gelukkige lesers kan elk ’n kis De Krans-wyn wen wat die Premium Cape Ruby, Cape Vintage, Cape Tawny Limited Release, Original Espresso, Cape Vintage Reserve en die Original Cape Pink, ter waarde van R1 029, bevat.

Stuur ’n e-pos na versnit@dieburger.com met jou naam, kontakbesonderhede, adres en watter wyn jy die meeste na uitsien. Kompetisie sluit 12:00 op 27 Junie 2021.

Meer oor:  Kelder  |  Wynbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.