Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Dié Kaapse straatkos is nr. 1!

Die inwoners van Kaapstad het in ’n onlangse peiling gestem watter wegneemete-restaurant hul gunsteling is.

Golden Dish is as die Moederstad se gunsteling-wegneemete-restaurant aangewys.

Golden Dish, ’n bekende eetplek in Athlone, het met die prys as die Moederstad se gunsteling-restaurant weggestap. The Wembley Roadhouse in Belgravia is in die tweede plek en die Eastern Food Bazaar in die middestad het ’n derde plek behaal.

Die peiling is deur die bekende koeldrankhandelsmerk Jive uitgevoer om die Kaapse straatkoskultuur te vier. Verskeie eetplekke oor die provinsie heen is benoem en kiesers het op sosialemediaplatforms vir hul gunsteling-eetplekke gestem.

Mohamed Rafiq Parker, eienaar van die Golden Dish, sê hy is in “ekstase” dat mense sy restaurant as hul gunsteling aangewys het.

“Dit beteken ons doen iets reg as die mense ons as hul gunsteling beskou. Ons kos is verslawend. Etes by die Golden Dish word dikwels geëet, maar word altyd onthou.”

Die Golden Dish is in die 1960’s deur Parker se pa begin en gebruik steeds al die oorspronklike resepte. Die enigste toevoeging tot die spyskaart is die Gatsby, waarvoor die onderneming bekend geword het.

Meer oor:  Golden Dish  |  The Wembley Roadhouse  |  Kaapstad  |  Kos En Wyn  |  Restaurante  |  Peiling  |  Straatkos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.