Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Dié KWV skitter oorsee by Concours

Nie net is die eer van die beste Suid-Afrikaanse wyn by vanjaar se Concours Mondial de Bruxelles aan die KWV toegeken nie, hulle het ook ’n rits medaljes ingeryg.

Die uitslae van die 28ste Concours Mondial de Bruxelles is verlede week bekend gemaak. Weens die pandemie moes die meer as 300 internasionale beoordelaars beurte maak om die wyne oor nege dae te proe.

The Mentors Perold van die KWV is by vanjaar se Concours Mondial de Bruxelles as die beste Suid-Afrikaanse wyn aangewys.

Suid-Afrika het weer baie goed gevaar en ’n groot getal medaljes verower. Altesaam sewe van die land se wyne is vereer met grand- goue medaljes (vir wyne met 96 of meer punte uit 100), met drie van die wyne wat uit die KWV se The Mentors-reeks kom. Daar is ook 16 goue medaljes toegeken aan SA wyne.

Die KWV se The Mentors Perold 2018 was egter die groot wenner en is uitgesonder as die beste Suid-Afrikaanse wyn. Dit het in die afdeling vir SA wyne die hoogste punte behaal en dus ’n trofee gekry.

Grand- goue medaljes

  • The Mentors Perold 2018 (KWV)
  • The Mentors Canvas 2018 (KWV)
  • The Mentors Petit Verdot 2018 (KWV)
  • Stellenbosch 1679 Pinotage 2019 (Koelenhof)
  • Saronsberg Seismic 2018
  • Neethlingshof Owl Post Pinotage 2018
  • Spier 21 Gables Pinotage 2017

medaljes
Kyk uit vir hierdie medaljes wat op die bottels van die wenwyne gaan verskyn.
Goue medaljes

  • Donkiesbaai Steen 2020 (Rust en Vrede)
  • Kleine Zalze Family Reserve Cabernet Sauvignon 2017
  • Kleine Zalze Vineyard Selection Shiraz 2018
  • Neil Ellis Cabernet Sauvignon Vineyard Selection 2016
  • Spier 21 Gables Sauvignon Blanc 2020
  • Spier Seaward Pinotage 2019
  • Spier Seaward Shiraz 2019
  • Spier The Yellowwood Organic Red Blend 2018
  • Spier 21 Gables Chenin Blanc 2019
  • Umbala Chenin Blanc 2020
  • Spier Seaward Pinotage 2020
  • Hazendal Pinotage 2017
  • The Mentors Chenin Blanc 2019 (KWV)
  • The Mentors Orchestra 2018 (KWV)
  • Stellenbosch 1679 Old Single Vineyard Bush Vine Chenin Blanc 2019 (Koelenhof)
  • Cloof Winemakers Pino­tage 2018

Silwermedaljes

  • Stellenbosch 1679 Old Single Vineyard Bush Vine Chenin Blanc 2019 (Koelenhof)
  • Cloof Winemakers Pinotage 2018
  • Dr Charles Niehaus Roodeberg 2017 (KWV)
  • Roodeberg White 2020
  • Roodeberg Rose 2020
  • Almenkerk Chardonnay 2019
  • La Motte Syrah 2018
  • Rust en Vrede Estate 2017
  • Rust en Vrede Estate Vine­yards Syrah 2018
  • Stellenbosch Reserve Chenin Blanc 2020 (Rust en Vrede)
  • Stellenbosch Reserve Chardonnay 2020 (Rust en Vrede)
  • Ridgeback Journey 2018
  • Thelema Chardonnay 2018
  • Sutherland Chardonnay 2019
  • Kleine Zalze Vineyard Selection Sauvignon Blanc 2020
  • Kleine Zalze Vineyard Selection Chardonnay 2020
  • Kleine Zalze Family Reserve Shiraz 2017
  • Beyerskloof Field Blend 2016
  • L’Ormarins Rosé Méthode Cap Classique
  • Rupert & Rothschild Classique 2017
  • Theseus 2016 (Doolhof)
  • Spier Creative Block 2 White 2020
  • Spier Creative Block 3 2017
  • Spier The Yellowwood Organic White Blend 2020
  • Du Preez Estate Sauvignon Blanc 2021
  • Ridgeback HMC Signature C 2018
  • Spier Signature Chenin Blanc 2020
  • Spier Signature Cabernet Sauvignon 2019
  • Hazendal Chardonnay 2018
    Meer oor die kompetisie
    • Concours Mondial de Bruxelles is ’n internasionale kompetisie waar duisende wyne ingeskryf word om deur ’n paneel kenners geproe en bepunt te word.
    • Frankryk het die meeste medaljes gekry met 672, gevolg deur Spanje (507) en Italië (389).
    • Die kompetisies gee grand goue, goue en silwermedaljes, maar ook “Revelation”-trofeë vir wyne wat die hoogste punte in elke kategorie gekry het.
    • Meer as 10 000 wyne van 46 lande is vanjaar van 17 tot 27 Junie in Luxemburg beoordeel.

Meer oor:  Wyn  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.