Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Die SA wynbedryf groet drie grotes
Kosie Steenkamp
Cobie van Oort
Nico Bacon

Met groot skok en hartseer het die bedryf verlede week verneem van die afsterwe van Cobie van Oort (59), wynbemarker van CVO Marketing en voormalige joernalis by Die Burger.

Almal het vir Van Oort geken vir haar betrokkenheid by wyn, kelders en feeste. Sy en haar man, Björn, het saam CVO Marketing bestuur en was onder meer die stigters van die Pinotage-en-biltongfees en die Cabernet Franc-uitdaging. Sy sal onthou word vir haar bydraes, liefde vir die werk wat sy gedoen het en hoe lekker dit was om saam met haar te werk.

Kosie Steenkamp (71), eienaar en wynmaker van Groenland in Stellenbosch, is Saterdag ná ’n kort stryd teen kanker oorlede.

Dié patriarg was ook ’n geliefde boer en lid van die gemeenskap in Bottelary en medelye het van oral ingestroom. Al het hy grootgeword op ’n skaapplaas in Sutherland, het hy wyn gemaak asof hy op ’n wynplaas grootgeword word.

Hy sal veral onthou word vir sy kuns met shiraz en die stories en grappies wat hy vertel het.

Org de Rac in Piketberg het Sondag afskeid geneem van hul eienaar, Nico Bacon (89).

Benewens sy betrokkenheid by wyn en sy fokus op organiese boerdery, was Bacon ook ’n man van die see en het die meerderheid van sy lewe in die visbedryf gewerk én sy eie visvangmaatskappy gestig.

Hy sal onthou word vir sy passie vir land én see, asook sy betrokkenheid en hardwerkendheid in alles wat hy aangepak het. Alle medelye verwys ook na sy goeie hart en omgee wat gemis sal word.

Meer oor:  Nico Basson  |  Cobie Van Oort  |  Kosie Steenkamp  |  Sa Wynbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.