Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Dié spinasie-gereg altyd treffer

“Ons glo nie daarin om kos te mors nie. Eendag was daar oorskietbestanddele en ek het besluit om te eksperimenteer.”

So sê Linah Rametsetse van Mamelodi-Oos. Dié polisie­beampte en pastoor sê mense van die Pedi-kultuur doen hul eie spyseniering vir begrafnisse. Dis juis met oorskietbegrafniskos wat sy haar resep vir spinasie en bone in tamatiesous vervolmaak het.

Rametsetse sê haar resep is maklik, vegetaries en altyd ’n treffer. Dis juis nadat sy dié dis werk toe geneem het dat Anne­lize Kruger, ’n kollega van die Brooklyn-polisiekantoor, daarop aangedring het dat Rametsetse vir Beeld se kookboek-kompetisie inskryf.

“Ek kan nie vir jou sê hoe ongelooflik lekker Linah se kos is nie,” sê Kruger en sê selfs haar kleinkind verorber “tannie Linah se spinasie”. Skielik is dit nie eens moeite om ’n kleuter te oorreed om groente te eet nie.

Linah Rametsetse agter die kospotte.
Rametsetse se onverbeterlike spinasiegereg.

Die bestanddele vir Rametsetse se resep is spinasie, wortels, drie verskillende kleure soetrissies, uie, ’n blikkie bone in tamatiesous, kerrie, room van hoender-soppoeier, water en olie.

Rametsetse is nou een van die vele Beeld-lesers wat ’n kans het om ’n kontantprys los te slaan en haar resep en foto in Beeld se splinternuwe kookboek, Komkommertyd, te verewig.

Buiten vir vegetariese disse, is die ander kategorieë vleis, vis, hoender, wildsvleis, nagereg en drankies, ligte etes, bykos, gebak en braai.

Stuur jou resep, ’n foto van jouself wat woeker in die kombuis en die herinneringe wat jy aan jou resep koppel na kompetisie@beeld.com.

Jy kan tot drie resepte per kategorie inskryf.

Inskrywings sluit op 1 Julie en die bepalings en voorwaardes is op Beeld se Facebook-blad beskikbaar.

Jou vlak van kundigheid agter die kospotte speel nie ’n rol nie – die uitvoerbaarheid, interessantheid en smaak van jou resep, asook die kreatiwiteit van jou foto is die bepalende faktore wat jou kans verbeter om ’n kontantprys los te slaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.