Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Die wesenlike van goeie kos

’n Kookboek waaruit Errieda du Toit al baie resepte gemaak het, is hierdie een van Dianne Bibby.

Dianne Bibby

Die Britte het Nigella. Ons het Dianne Bibby. Dié Gautengse blogger is ’n stilis­fotograaf wat ook kookklasse gee en resepte ontwikkel. Hou maar dop, noudat Dianne ’n wyer gehoor gaan bereik met haar debuutboek, Bibby’s Kitchen, gaan sy beslis ’n aan- spraak­maker word op Nigella se titel as huishoudelike godin.

Net soos Nigella, is Dianne magneties mooi, hoewel dít nie is waarop haar aanhang gebou is nie – veel eerder op die manier waarop sy die wesenlike van goeie kos vertolk. Haar kos is onberouvol kleurvol en uitbundig, en tegelykertyd ook gebalanseerd.

Sedert ek haar blog in 2014 begin volg het, het ek baie inspirasie by haar kon kry. Ek, soos duisende van haar aanhangers, kon ook eenvoudig nie haar lieflike Instagram-kosfoto’s (van kos wat sy self berei, stileer en fotografeer) miskyk nie. Ons moes egter jare wag vir haar boek, en nou is dit hier.

Ook die Michelin-stersjef Jan-Hendrik van der Westhuizen is onder haar betowering. Só skryf hy op die agterblad: “Soos met enige kreatiewe proses kan jy baie van ’n persoon leer uit hoe hulle kook. Dis duidelik uit Di se kos dat sy haar uitleef in elke aspek van die proses, haar aandag aan detail en die skoonheid van elke gereg. Haar kos is ’n ontdekkingstog deur plaaslike en eksotiese smake, ’n sintuiglike fees.”

Haar halwa-en-tahiniroomys was só onweerstaanbaar dat ek die boek dadelik verken het vir ander soet verleidelikhede wat ek kan maak in die Maand van die Liefde.

Elke gereg uit die boek wat ek reeds kon proe, spoor my aan om ’n volgende ook te maak, met die wete dat die toewyding dubbel en dwars beloon sal word. Sy neem jou hand deur die spensboustene: hoe om jou eie gesonde Nutella, tahini, granaatmolasse, speserymengsels soos harissa en selfs jou eie labneh te maak. Die hoofstukke – van ontbyt tot brood­tafels, groen- en graanslaai, soppe, stadige geregte, nageregte, “Koekvrydag” en happies vir sout en soet – is die een so vol luswekkers as die ander.

By haar boekbekendstellings­ete kon ek weglê aan Midde-Oosterse meze met Turkse melkbrood en platbrode van keker­ertjiemeel, geelstert oor die kole met tsjermoela-klapperroom, Noord-Afrika-lamsboud met uiemarmelade en oesbordslaaie soos die spelt-en-druiwepilaf met geroosterde amandels.

Haar halwa-en-tahiniroomys was só onweerstaanbaar dat ek die boek dadelik verken het vir ander soet verleidelikhede wat ek om die beurt kan maak in die komende Maand van die Liefde. Ek gee hier twee voorbeelde van hoe Dianne die wesenlike van jogurt inspan vir byderwetse soetgoed. Met haar labneh-ontbytkaaskoek verskuif sy die grense van ontbyt, terwyl die sygladde jogurtterrien met kardemom-lemoenstroop en vye haar intuïtiewe aanvoeling vir seisoenbestanddele illustreer.

  • Bibby’s Kitchen: The Essence of Good Food deur Dianne Bibby word in hardeband deur Human & Rousseau uitgegee. Die rakprys is R420; by Loot.co.za kan jy dit aanlyn aanskaf vir R353.
  • Besoek Du Toit se blog Huiskok.com vir besonderhede oor hoe jy ’n eksemplaar van Bibby’s Kitchen kan wen, asook ’n bonusresep vir geroosterde witsjokolade- panna cotta met peper-sjerriekaramel.
Meer oor:  Resepte  |  Kookboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.