Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Diemersdal kraai koning

Diemersdal is miskien sinoniem met goeie sauvignon blanc, maar dié kelder het vanjaar die Old Mutual-trofee vir die suksesvolste produsent gewen danksy sy treffer-rooiwyne.

Hoe rooier, hoe mooier by vanjaar se 20ste Old Mutual-trofeewynskou. Die suksesvolste produsent, Diemersdal, het vanjaar hierdie trofee verower danksy hul prestasies met drie van hul rooiwyne. Foto: Verskaf

Op die 20ste Old Mutual-trofeewynskou is Durbanville se Diemersdal as die groot wenner aangewys nadat hulle die beste pinotage-trofee vir die Estate Pinotage Reserve 2019 gekry het, asook goue medaljes vir die Private Collection 2017 (Bordeaux-versnit) en The Journal Cabernet Sauvignon 2018.

Die Diemersdal Pinotage Reserve wat nie net die pinotage-trofee opgeraap het nie, maar ook bygedra het daartoe dat die kelder as die suksesvolste produsent aangewys is. Foto: Verskaf

Die groot wenners van die wynskou is verlede Woensdag aanlyn aangekondig. Hoewel daar 10% minder inskrywings was, is daar in meeste van die afdelings ’n trofee aan ’n wyn toegeken.

Nog ’n groot wenner is Diemersfontein in Wellington se Thokozani Cabernet Franc 2019, wat vereer is met drie trofeë vir die beste cabernet franc, ontdekking van die skou (as die gouemedaljewenner vir die beste waarde ) asook die algehele beste rooiwyn.

As dit by wynstreke kom, kan die Durbanville-wynroete beslis breëbors staan met vier trofeë: Diemersdal se twee en twee vir De Grendel vir die beste chardonnay en die beste algehele witwyn, twee goue medaljes en vier silwer.

Die Agulhas-wyndriehoek was ook goed verteenwoordig met twee wyne wat trofeë gekry het: die Trizanne Signature Wines Elim Syrah 2019 is as die beste shiraz aangewys en The Berrio Sauvignon Blanc 2006 is die beste mu­seumklas-wyn.

Die Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2019, ook vanuit die streek, het ’n goue medalje gekry en daar was twee silwermedaljes ook.

Daar is vanjaar in totaal 673 wyne ingeskryf vir die trofeewynskou. Uit dié wyne is 32 goue medaljes toegeken, waarvan 16 trofeë gekry het, en 111 wyne is met silwermedaljes beloon.

Daar is ook 355 bronsmedaljes toegeken.

Wellington het ook goed gevaar met vyf trofeë: Diemersfontein se drie, Bosman s’n vir die beste ouwingerd-wyn en Dunstone s’n vir die beste niche-rooiwyn.

Vanjaar se trofeewenners

  • Trofee vir die algeheel suksesvolste produsent: Diemersdal
  • Beste cabernet franc, ontdekking van die skou/beste waarde-gouemedaljewenner én die algehele beste rooiwyn: Thokozani Cabernet Franc 2019 (Diemersfontein)
  • Beste chardonnay én algehele beste witwyn: De Grendel Op die Berg Chardonnay 2020
  • Beste vonkelwyn: Paul René Méthode Cap Classique Chardonnay Brut 2017
  • Beste chenin blanc en beste ouwingerd-wyn: Bosman Optenhorst Chenin Blanc 2019
  • Beste cabernet sauvignon: Oldenburg Rondekop Per Se Cabernet Sauvignon 2019
  • Beste Bordeaux-styl rooiversnit: Buitenverwachting Meifort 2018
  • Beste niche-rooiwyn: Dunstone Reserve Grenache 2018
  • Beste shiraz: Trizanne Signature Wines Reserve Syrah 2019
  • Beste sauvignon blanc: Groote Post Sea­salter Sauvignon Blanc 2019
  • Beste Kaapse port: Boplaas Cape Vintage Reserve 2017
  • Beste pinotage: Diemersdal Pinotage Reserve 2019
  • Beste semillon: Old Road Wine Co. Grand-Mére Semillon 2017 (ouwingerd-wyn)
  • Beste sauvignon blanc-semillon-versnit: Delaire Graff White Reserve 2018
  • Beste ander witversnit: Stark-Condé Field Blend 2020
  • Beste museumklas-sauvignon blanc: The Berrio Sauvignon Blanc 2006
  • Beste museumklas-witversnit: Elgin Vintners The Century Sauvignon Blanc Semillon 2017

Wenners van goue medaljes

  • Bon Courage Inkará Shiraz 2019
  • Boschendal Jean Le Long Pres­tige Cuvée Méthode Cap Classique 2009
  • DeMorgenzon Maestro White 2018
  • DeMorgenzon Reserve Chardonnay 2019
  • Diemersdal Private Collection 2017
  • Diemersdal The Journal Cabernet Sauvignon 2018
  • Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2019 (Cederberg Cellar)
  • Highlands Road Sauvignon Blanc White Reserve 2017 (museumklas)
  • Iona Solace Syrah 2019
  • Ken Forrester The FMC 2019 (ou wingerd)
  • Leeuwenkuil Heritage Syrah 2018
  • Lievland Bushvine Pinotage 2019
  • Rascallion A Mother’s Journey Shiraz 2018
  • Rustenberg Five Soldiers Chardonnay 2019
  • Sauvage La Bri Méthode Cap Classique 2015
  • Vrede en Lust Kogelberg Chenin Blanc 2019

Die suksesvolste produsente

Hier volg die kelders wat die suksesvolste was met hul inskrywings vanjaar. Daar word gewoonlik ’n toptien aangewys, maar drie kelders was gelyk in die negende plek vanjaar en daar is dus 11 kelders op die lys.

1. Diemersdal Estate (Durbanville)

2. Delaire Graff Estate (Banghoek, Stellenbosch)

2. Oldenburg Vineyards (Banghoek, Stellenbosch)

2. Stark-Condé (Jonkershoekvallei, Stellenbosch)

5. Buitenverwachting (Constantia, Kaapstad)

6. Groote Post (Darling)

7. Bosman Family Vineyards (Wellington)

7. De Grendel (Panorama, Durbanville-wynroete)

9. Diemersfontein (Wellington)

9. Dunstone (Wellington)

9. Old Road Wine Co. (Franschhoek)

Geborg deur:

Dié wyne blink uit

Dunstone

Dunstone
Die Grenache Reserve 2018 van Dunstone Wines het die trofee vir die beste nis-rooiwyn ontvang by die Old Mutual-trofeewynskou.

Dunstone Wines het die trofee vir beste nis-rooiwyn ontvang vir hulle Grenache Reserve 2018. Dié privaat boetiekkelder is geleë in die pragtige Bovleivallei buite Wellington.

Dit is die eerste oes van die nuut aangeplante grenache noir-boswingerd op rotsagtige noordwaartse hellings. Die wingerd lewer ’n beperkte produksie van slegs 1 100 bottels.

Wynmaker Danie de Bruyn vier hierdie fantastiese wyn en die erkenning wat Dunstone daarvoor ontvang het. Hy sê die kleiner bessies met dikker vel lewer ’n meer gekonsentreerde kleur, geur en struktuur. Die fyner detail danksy handgemaakte, beperkte produksie is duidelik in hierdie versnit te bespeur.

Vir meer inligting skakel 071 793 4238, 021 864 1504 of besoek www.dunstone.co.za.

Groote Post

Groote Post
Groote Post se Seasalter 2019 het die trofee vir beste sauvignon blanc by die Old Mutual-trofeewynskou gekry.

Groote Post is trots om aan te kondig dat hul 2019 Seasalter die trofee vir beste sauvignon blanc by die 2021 Old Mutual-trofeewynskou losgeslaan het. 

Altesame 673 wyne is vir die algehele skou ingeskryf en Groote Post het uitgeblink in die sauvignon blanc-kategorie.

Wynmaker Lukas Wentzel is uit die veld geslaan oor dié aankondiging en hy prys almal wat by die wynmaakproses   betrokke was.

Buiten dié trofee-toekenning, is die 2019 Seasalter ook onder die top-10- wyne en die top-10- waardevolle witwyne by dieselfde skou gelys. Groote Post word dan ook onder die 10 suksesvolste kelders gelys.

Nick Pentz, die eienaar, sê dat die Seasalter oor die jare op ’n konsekwente wyse sy staal gewys het.

Besoek www.grootepost.co.za om jou wyn te bestel.

WEN! Staan die kans om ’n kis van die bekroonde 2019 Seasalter te wen. Skryf in by https://bit.ly/DBSeasalter Wenner sal 14 Julie getrek word. Wyn word afgelewer sodra alkoholverbod gelig word. Bepalings en voorwaardes geld.

Paul René

Paul René Cap Classique
Paul René Cap Classique het vanjaar die beste vonkelwyn-trofee by die Old Mutual-trofeewynskou gekry. Op die foto is (van links) Henk en Monica van Niekerk en Stefan Bruwer.

Paul René Cap Classique het ontstaan in die hartjie van die bekroonde Cap Classique streek Robertson. Volgens Henk van Niekerk is die unieke kalkryke grond en algemene terroir die rede vir sukses van Cap Classique in Robertson.

Wanneer hy verder uitbrei oor die sukses van Paul René is dit duidelik dat passie ‘n groot rol gespeel het, maar hy voeg by dat jy meer as dit nodig het.

“Indien jy werklik wil fokus om kwaliteit  te produseer moet jy baie aandig gee aan die fynere detail. Hiervoor moet ek my kollega Stefan Bruwer uitsonder, wat met 40 jaar se wynmaak ondervinding ’n ongelooflike bydrae gelewer het om Paul René te bring tot waar dit vandag is. Stefan was betrokke by die beplanning nog voor ons, ons eerste bottel Paul René gemaak het en is 12 jaar later steeds hier, en ons deurlopende konsekwentheid en kwaliteit is aan hom te danke.”

Besoek paulrenemcc.co.za vir meer inligting.

Diemersdal

Diemersdal
Diemersdal se span is van links Thys Louw, Mari Branders, Janeke Beck en Juandré Bruwer.

In hul beste vertoning nóg in ’n Suid-Afrikaanse wynkompetisie, is Diemersdal-landgoed in Durbanville aangewys as beste produsent by vanjaar se Old Mutual-trofeewynskou.

Hierdie kompetisie vier sy 20ste jaar as een van die land se toonaangewende wyntoekennings. Diemersdal het geseëvier oor ’n magdom inskrywings wat die room van Kaapse wynaanbiedings verteenwoordig, deur die trofee vir beste pinotage te wen vir hul Pinotage Reserve 2019, asook goue medaljes vir die Private Collection Bordeaux Blend 2017 en The Journal Cabernet Sauvignon 2018.

Thys Louw, die sesde generasie eienaar-wynmaker op Diemersdal, sê dat hierdie prestasie onthou sal word as een van die plaas se grootste seges in ’n bestaan van 323 jaar.

Besoek diemersdal.co.za vir meer inligting en om wyn te bestel.

Meer oor:  Wyn  |  Wynkompetisie  |  Wynbedryf  |  Wynplaas  |  Versnit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.