Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Dís wat jy kry as kerrie-monster knaag
Bertha le Roux-Wahl met ’n skeppie van haar beste inperking-resep: “Kindervriendelike bunny chow”.

Jy ken dalk Bertha le Roux-Wahl as Emma van 7de Laan. Sy is ook ’n ma, omroeper van Radiokansel en ’n kwarantynkok van formaat.

“Ten tyde van die inperking het ons meer en meer gesonde resepte getoets en dan begin die knaagmonster die verlange na iets anders in jou wakker maak,” sê Le Roux-Wahl.

Sy sê ’n kerrie-lus het haar beetgepak, maar met beperkte bestanddele in haar koskas het die resepte wat sy op die internet kon kry, amper onmoontlik gelyk. “Fenugreek? En wie het vars pietersielie byderhand?”

Noodgedwonge het sy resepte aangepas.

“Die eindresultaat was ’n heerlike ete wat my kerrie-knaagmonster stilgemaak en selfs ’n bietjie groente weggesteek het.”

Selfs haar kroos, Kiana (13) en Brioné (10), het die ete geniet en daarom noem sy haar resep “Kindervriendelike bunny chow”.

Le Roux-Wahl het die uitdaging aanvaar om haar resep vir Beeld se kookboek-kompetisie in te skryf omdat sy glo haar resep is elke grendelgram werd.

“Kindervriendelike bunny chow”.

Haar inskrywing val onder die kategorie vir vleis. Daar is ook kategorieë vir vis, hoender, wildsvleis, nagereg/drankies, bykosse, ligte etes, gebak, braai en vegetariese disse.

Kwarantynkokke van oor die land heen deel hul resepte en het gevolglik die kans om in die kookboek Komkommertyd te verskyn en kontantpryse te wen.

Jy kan dieselfde doen deur jou resepte te stuur na kompetisie@ beeld.com.

Heg ’n kombuis-aksiefoto aan die e-pos en vertel meer van jou gunsteling-inperking-resep.

Die sluitingsdatum is 31 Julie en die bepalings en voorwaardes is op Beeld se Facebook-blad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.