Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Disse spesiaal gemaak vir wyn by Perderberg

Perdeberg se aanbod vir besoekers is aan die toeneem noudat die nuwe restaurant amptelik sy deure oopgemaak het.

Dié Paarlse wynplaas se braai-pieknieks is nog altyd ’n gunsteling by besoekers, maar nou kan jy ook aansluit by Eat @ Perdeberg vir ’n verskeidenheid van ander disse.

By Perdeberg is daar iets vir die hele familie om te geniet – van oud tot jonk. Foto’s: VERSKAF

Boonop het die restaurant sitplek binne én buite, so jy kan in enige weersomstandighede hier kom eet en wyn drink.

Van ontbyt tot nagereg en selfs opsies vir die kleinspan – hierdie spyskaart is propvol keuses.

Eat @ Perdeberg se spyskaart bevat onder meer tradisionele lekkernye soos bobotie en dié beesstertbredie.

As jy al vroegdag by hulle aansluit, kan jy kies uit onder meer ’n volle Engelse ontbyt (R85) of een van die twee omelette (R70).

Ligte maaltye en die hoofgereg is gekies sodat dit by enige van die kelder se wyne kan pas. Jy kan uitsien na peuselhappies soos bobotie- Chinese rolletjies (R55) of jy kan die kaasbord (R155) of Ploughman’s Platter (R250) met iemand deel.

Vir ’n hoofgereg kan jy solank begin liplek vir onder meer ’n beesstertbredie wat saam met parmesaan-kapokaartappels bedien word (R170), hoender-schnitzel met ’n pepersous (R110), of ’n Kaaps Maleise kerrie (R110) vir die kouer dae. Daar is ook steak, vis en tradi­sionele bobotie op die spyskaart.

As jy ná al die lekkernye nog plek het, kan jy die Kaapse brandewynpoeding of mousse geniet (albei R45).

Witwyn, rooiwyn, MCC en selfs craftbier is deel van Perdeberg se lys van drankies.

Vir die kinders is daar hoenderrepies met tjips, ’n worsrolletjie met tjips, en roomys met sjokoladesous.

Daar is ’n klimraam en grasperke waar die kinders kan speel en oor naweke is daar selfs ’n springkasteel.

As jy ’n braai-piekniek aanhanger is, moenie bekommerd wees nie! Dit word steeds aangebied. Dit bevat lamstjops, skilpadjies, hoendersosaties, roosterkoek, aartappelslaai en iets vir die suikertand. Die pieknieks moet 48 uur voor die tyd bestel word en kos R360.

Jy kan ook net inval by die proelokaal vir ’n wynproe van Maandae tot Saterdae of die soettand marshmallow-en-wynproe geniet.

* Eat @ Perdeberg is van Woensdae tot Sondae oop. Skakel 021 020 1626 vir besprekings.

Besoek perdeberg.co.za vir meer inligting oor die aan­biedinge en vir die volledige spyskaart.

Meer oor:  Perdeberg  |  Eat @ Perdeberg  |  Toerisme  |  Doendinge  |  Kos En Wyn  |  Restaurante  |  Wynplase
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.