Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Dolci bied smaak van Italië

As Italiaanse kookkuns jou opgewonde maak, is die Dolci Café in Craighall Park ’n plek waar jy ’n draai moet gaan maak.

Seekos-risotto.Foto: Terésa Coetzee

Die restaurant word besit en bestuur deur die sjef Jackie Righi-Boyd, wat ’n baie diepgewortelde familiegeskiedenis in die restaurantbedryf het, en haar man, die akteur Clayton Boyd, asook hul vennoot, Zoran Mijailovic.

Dolci Café het in 2015 as ’n klein Italiaanse bakkery begin en het sedertdien uitgebrei tot ’n volwaardige Italiaanse restaurant waar jy jou smaakknoppies met eg-Italiaanse disse kan bederf – van die tuisgemaakte pasta en gnocchi tot die verskeidenheid kalfsvleisdisse. Daar is ook die tagliata di manzo (gesnyde beesfillet met Italiaanse tamaties en aartappels) wat stadig gekook is, die cotoleta di pollo, ’n hoenderschnitzel wat met varsgesnyde tamatie en gekookte baba-aartappels in botter en pietersielie en ’n tuisgemaakte kaassous bedien word.

Tuisgemaakte pastapakkies met parmesaankaas. Foto: Terésa Coetzee
Tradisionele Italiaanse tamatie pastasous bedien op gnocchi. Foto:

Die nageregte op die spyskaart is ’n hoogtepunt en hier word jy op die Italiaanse manier getrakteer met lekkernye soos tiramisu en Jackie se ouma se poeding wat bestaan uit room, amaretti-beskuitjies, pekanneute en donkersjokolade.

Daar heers ’n heerlike at­mosfeer in die gesellige outentieke restaurant en besoekers kan kies of hulle binne of buite wil sit.

Die restaurant is oop vir ontbyt, middagete en aandete van Maandag tot Saterdag en vir ontbyt en middagete op Sondae. Hulle het ’n uitgebreide wynlys met top- Suid-Afrikaanse en internasionale wyne.

  • Dolci Café se adres is Winkel 6, Lancaster Village, Clarencelaan 28, Craighall Park, Johannesburg.
  • Bespreek by 010-900-2274.
Calamari as voorgereg. Foto: Terésa Coetzee
Die buitestoep waar besoekers ook kan kuier. Foto: Janine Greenleaf-Walker
Meer oor:  Kos En Wyn  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.