Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Drankverbod? Probeer skopvrye skemerkelkies!

Die verbod op alkohol hoef nie ’n demper op jou skemerkelkies te plaas nie. Die meeste restaurante bied nou drank-vrye opsies op hul spyskaarte en as jy nie lus is om jou huiskantoor te verlaat nie, kan jy sommer self hierdie skemerkelkies by die huis meng.

The Island Bar by die Southern Sun Hyde Park in Sandton se Strawberry Ginger en Mango Tango is eksoties en lekker.

  • Strawberry Ginger
  • 35 ml aarbeistroop
  • 35 ml suurlemoensap
  • 15 ml eenvoudige suikerstroop
  • 30 gram vars gemmer
  • gemmerlim

Plaas al die bestanddele, behalwe die gemmerlim, in ’n mengfles. Gebruik ’n stamper om die gemmer fyn te maak in die fles. Skud al die bestanddele. Giet die mengsel uit in ’n glas met ys. Vul die glas met gemmerlim.

  • Mango Tango
  • 35 ml vlierblomstroop (elderflower)
  • 35 ml komkommerstroop
  • 20 ml suurlemoensap
  • 200 ml mangosap
  • 6 kruisementblare
  • 1 glas ys

Plaas die vlierblomstroop, komkommerstroop, suurlemoensap, mangosap, kruisementblare en ’n glas ys in ’n menger. Meng saam en voeg ’n bietjie mangosap by as die mengsel nie glad genoeg is nie.

Giet in ’n glas, dieselfde glas as wat jy gebruik het om die ys te meet. Gebruik kruisement en ’n stukkie vars mango vir garnering. Geniet dadelik terwyl dit nog bevrore is.

Die Living Room in Maboneng, Johannesburg, bied ’n lekker buitelug-restaurant waar jy jou alkoholvrye skemerkelkies met ’n uitsig kan geniet. Hul Minty Magic Unicorn, Elderflower Elixir en Shirley Temple is verfrissend.

  • Minty Magic Unicorn
  • 60 ml aarbeisap
  • 60 ml limonade
  • vars kruisement
  • ’n glas ys

Hierdie een is maklik. Maak die kruisement fyn en gooi in die glas oor die ys.

  • Elderflower Elixir
  • 60 ml vlierblomstroop
  • 60 ml sodawater
  • eetbare blomme
  • ’n glas ys

Lê eetbare blomme in ysbakkies en gooi water oor. Laat vries om ysblokke met blomme te maak. Dit hou die drankie koud én is mooi.

Meng nou die vlierblomstroop en sodawater saam en gooi in ’n glas met die ysblokke.

  • Shirley Temple
  • 35 ml suurlemoenlimonade
  • 35 ml gemmerbier
  • grenadien
  • ’n glas ys
  • maraschino-kersies vir garnering

Giet die grenadien in ’n glas met ysblokkies. Maak vol met gelyke hoeveelhede suurlemoenlimonade en gemmerbier. Roer goed en garneer met ’n kersie.

Jy kan The Bungalow in Clifton besoek vir hul Pineapple Crush, Lava Lamp en vele ander alkoholvrye drankies, terwyl jy oor die see uitkyk.

  • Pineapple Crush
  • 1 koppie vars pynappelsap
  • stukke vars pynappel
  • grenadellapuree
  • 1 eetlepel heuning

Meng die pynappelsap en stukke pynappel in ’n menger, totdat die stukke ’n bietjie kleiner is. Meng dan die grenadellapuree en heuning by. Bedien koud.

  • Lava Lamp
  • 1 koppie vars aarbeie
  • 1 koppie vars appels
  • 1 koppie lemoensap
  • 2 eetlepels heuning
  • 2 eetlepels balsamiese asyn

Meng vrugte saam in ’n menger tot fyn en meng dan die res van die bestanddele by.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.