Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Eetplesier met Karla Janse van Vuuren

Jy benodig:

  • 1 hoender
  • 15 ml vinkelsade (fennel)
  • 1 e gekapte tiemieblare + 2 takkies
  • 1 e vars marjolein, gekap + 2 takkies
  • 5 ml sout
  • ½ t peper
  • 3 e olyfolie
  • 1 kleinerige suurlemoen, in kwarte gesny
  • 1 heel knoffelbol, middeldeur gesny
  • 6 aartappels, geskrop en in kwarte gesny
  • 275 ml witwyn

Só maak ’n mens:

1. Voorverhit die oond tot 150 °C.

Karla Janse van Vuuren
Foto: Ian du Toit

2. Maak die vinkelsade fyn met ’n stamper en vysel. Voeg kruie, sout en peper en 2 eetlepels van die olie by. Stamp fynerig om ’n smeer te vorm.

3. Sit die hoender in die oondpan en smeer goed in met die mengsel.

4. Geur die holte van die hoender deeglik met sout en peper en druk die suurlemoen en knoffel in die holte. Sit die marjolein- en tiemietakkies ook in die holte.

5. Bind die pootjies mooi kuis met kombuistou toe.

6. Rangskik die aartappelwiggies om die hoender in die oondbak, sprinkel olyfolie oor die aartappels en geur goed met sout en peper. Wikkel die wiggies deurmekaar sodat dit goed met die olie bedek is.

7. Bak 3 uur in die oond. Draai die hoender en aartappels elke 40 minute om en bedek met die pansouse. Om ’n lekker kleurtjie aan die hoender te gee en die aartappels goed bros te kry, plaas dit sowat 10 minute onder die gloeiende roosterelement.

8. Haal die hoender en aartappels uit die oondbak en plaas op ’n opdienbord.

9. Voeg wyn by die pansouse en kook op ’n stoofplaat af totdat die wyn goed deurgekook is en die vloeistof met die helfte verminder het. Sit voor saam met die hoender.

– Resep: Errieda du Toit


Meer oor:  Karla Janse Van Vuuren  |  Errieda Du Toit  |  Resep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.