Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kos en Wyn
Fokof Lager uiteindelik bekend gestel

Die Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar het Donderdag-aand sy nuutste boetiekbier, Fokof Lager, by The Shack in Kaapstad aan Kapenaars bekend gestel. Die bier word in grootmaat vir die groep deur Devil’s Peak Breweries gebrou en sal uit die kraan bedien word. Dit is nie die eerste keer dat die groep ’n bier bekend stel nie. Fokof Lager is die vyfde bier in die reeks wat die groep oor die afgelope jaar bekend gestel het. Die vier verskillende boetiekbiere staan onderskeidelik bekend as Dagdronk, Antibiotika, Hemel op die platteland en Skynheilig. Dié bier word alles deur die Sir Thomas Brewing Company in Somerset-Wes gebrou. Die bier is egter alles uitverkoop en nou van die mark af. Jaco Marais het dié bekendstelling bygewoon en dit op kamera vasgelê.

Prost op Fokof Lager se nuutste boetiekbier.
Van links is Jaco “Snakehead’’ Venter, Hunter Kennedy, Wynand Myburgh, Francois van Coke en Johnny de Ridder.
Mense het tougestaan om van die Fokof Lager in die hande te kry.
Die bier word in grootmaat vir die groep deur Devil’s Peak Breweries gebrou.
Fokof Lager is Fokofpolisiekar se nuutste boetiekbier.

Meer oor:  Fokofpolisiekar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.